Die Teologiese Fakulteit van die AP Akademie is tans betrokke by die internasionale vertaalprojek van die Gereformeerde Bijbel Stichting (Nederland) (lees vorige artikel hier). Die doel met die projek is die vertaling van die kommentaar wat as kantaantekeninge aangebring is in die Nederlandse Statevertaling. Dié kommentaar word DV in Afrikaans gepubliseer. Die projek is tans baie goed op dreef: ongeveer 200 hoofstukke van die Statevertaling se kantaantekeninge is reeds in Afrikaans vertaal. ‘n Verdere sowat 75 hoofstukke behoort teen die middel van 2018 afgehandel te wees. Die Bybel met Afrikaanse kantaantekeninge sal ‘n groot bydrae lewer om dié skatte van die Protestantse Reformasie vir die kerke en gelowiges in Suid-Afrika te bewaar. Dit beloof om ‘n besondere bydrae te lewer tot die studie van die Bybel. Dit maak ook die kommentaar op die Bybelse teks meer toeganklik vir die Bybelleser en sal uiters bekostigbaar wees.

‘n Deel van die redaksie van die vertaalspan aan die werk. Van links na regs is: proff. Koos Adendorff, Johan Bosman en mnre. Cor Boer en Jan Breeweg.

Gepubliseer: 14/03/2018.

Deel die bladsy: