Akademiese
Navorsing
Kort
Kursusse
APA
Biblioteek
Beleide &
Prosedures
Beurse en
Lenings

Voornemende Studente

Studente kan op een van twee wyses by die APA studeer

Kontakstudie

Kontakstudie beteken dat studente voltyds aan die APA studeer en fisies die klasse bywoon. Dit is die metode wat veral aanbeveel word vir studente wat die kursus so vinnig en effektief as moontlik wil voltooi. Dit is veral aan te beveel vir matrikulante wat hulleself nie dadelik in ’n beroep kan of wil vestig nie. Die groot voordeel van hierdie metode is die interaksie tussen studente onderling en met die dosente, die direkte biblioteektoegang en die persoonlike blootstelling aan die akademiese wêreld. Die APA het egter ook talle ouer studente wat voltyds kom studeer.

Prospektus 2021
Afstandstudie

Afstandstudie is moontlik vir studente wat onmiddellik moet begin werk of dalk reeds in ’n beroep staan en hulleself verder wil kwalifiseer. Studente ontvang in hierdie geval die lesings en werk op hulle eie daaraan. Hulle kan reël dat toetse en eksamens by ’n plaaslike leraar of skoolhoof afgeneem word. Afstandstudente word egter verplig om minstens twee keer per jaar kontakdae by die Akademie by te woon. Afstandstudente neem gewoonlik langer om hulle kursusse te voltooi, maar vir studente vir wie dit onmoontlik is om voltyds te studeer, bied afstandstudie ’n ideale geleentheid.

Van afstandstudente word minstens internet-toegang vereis, maar afstandstudente moet ook verkieslik oor ’n eie rekenaar beskik. Uit die aard van die saak en in die gees van die tyd waarin ons leef, is die rekenaar onontbeerlik vir studente en veral afstandstudente. Van alle studente word verwag om ’n rekenaarkursus te loop in die eerste studiejaar indien hulle nie rekenaartoepassingstegnologie of ’n soortgelyke kursus op skool gehad het nie. Die AP Akademie begelei studente ook ten opsigte van hierdie saak op verskillende wyses.

Deel die bladsy: