|
|
|
|
|
|
|
Die Afrikaanse Protestantse Akademie |
|
|
|
|
In 1988 is daar begin met die opleiding van predikante vir die Afrikaanse Protestantse Kerk, toe die eerste student ná voltooiing van 'n BA-graad, aan die Teologiese Skool vir 'n kwalifikasie in die Teologie (op die vlak van 'n B.Th. of 'n BD) ingeskryf het. Dit kan beskou word as die nederige maar trotse geboortejaar van 'n Christelike Gereformeerde Afrikaanse universiteit.
|
|
Intussen is die Teologiese Skool by die Onderwysdepartement geregistreer as 'n Private Tersiêre Inrigting met die bevoegdheid om nie alleen die B.Th.-graad nie, maar ook BA en B.Psig. te doseer en grade daarin toe te ken. In 2004 ontvang ons 'n Registrasiesertifikaat van die onderwysdepartement, waarmee ons onsself mag voorstel as.
Die Afrikaanse Protestantse Akademie.
|
|
Geregistreer by die Departement van Onderwys as 'n privaat hoër onderriginstansie onder die Hoër Onderwys Akte. 1997. Registrasie Sertifikaat Nr. 1999/HE08/001 Vereniging ingelyf onder Artikel 21. Registrasienommer: 2002/031756/08
|
|
|
|
|
|