Kennisgewings via APA Toep

(nuutste in rooi)


Feb 20, 2018 18:51
Kennisgewing. Nuwe inligting gelaai vir studente in verband met die Majuba kamp, die APA kamp en die klerepakette van die APA. Kyk op die AP Akademie toep onder “Studentenuus”.


Feb 18, 2018 14:13
Opdatering. AP Akademie weergawe 1.3.1 is nou beskikbaar in die Google Play Store.

Klein wysigings: Werksverrigting verbeteringe; Nuwe afdeling APA Nuus bygevoeg; Groter wysigings: Raamwerk vir Android 8.0 (Oreo) geskep. Aanpasbaarheid vir ou weergawes Android 4.0.4-4.4.4 ingebou. Gebruikers wat weergawekode 23 het, sal dalk ‘n android.permission.WRITE_EXTERNAL_STORAGE-toestemming boodskap ontvang wat hulle moet aanvaar om op te dateer.


Feb 15, 2018 13:42
Herinnering: 16/02 is die finale datum vir kansellasie van BA vakke sonder koste.


Feb 14, 2018 11:05
Kennisgewing. Studente wat vandag op kampus is kan kennis neem: daar is worsbroodjies te koop @ R20 of twee vir R30. Gaan maak ‘n draai by die studente area!


Feb 12, 2018 21:32
BA Studente. U word herinner dat alle vak kansellasies en -veranderinge teen Vrydag gedoen moet word sonder koste.


Feb 12, 2018 13:43
Die krag by die APA was weer vanoggend af weens bouwerk in die omgewing. Onthou daar is ‘n selfoon nommer by Kontak inligting indien ons skakelbord af is.


Feb 10, 2018 10:05AM
APA Toep. Weergawe 1.3 is nou beskikbaar in die Google Play Store.


Feb 08, 2018 05:26 PM
Laaste dag vir kansellasie van NGOS vakke vir die semester sonder koste.


Feb 08, 2018 05:26 PM
NGOS studente. More is die laaste dag vir kansellasie van vakke vir die semester sonder koste.


Feb. 08, 2018 08:23 AM
Dankie dat jy die APA toep afgelaai het. Gee ons toep asb. sterre in die Play Store. Dit help ons baie.