BACCALAUREUS ARTIUM

Agtergrond:

Die BA-graad is ‘n 360-krediet program op vlak 7 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR). Die doel van die BA-graad is om aan studente toegang tot verskeie beroepe in die geesteswetenskappe te verleen. Dit is tans vir die meeste studente by ons instelling die eerste stap tot beroepe in die teologie, onderwys en sielkunde. Dit verleen ook toegang tot ander beroepsmoontlikhede in velde soos menslike hulpbronne, taal- en veelsydigheidsberoepe. Hierdie graad dien egter ook ‘n baie wyer doel. Die rede lê daarin opgesluit dat die vakke wat in die BA-graad aangebied word  met vakgebiede wat op besondere wyse in verband met meningsvorming staan, te make het. Die kwalifikasie het dus sy visie op die groter prentjie, asook die florering van mense te midde van al hul lewensuitinge. By die APA word studente in hierdie belangrike velde spesifiek begelei om as Christene hulle lewe voor die aangesig van God krities te deurdink. Daarom is daar ook verpligte modules en studente het byvoorbeeld ‘n keuse tussen Filosofie 1 of Bybelkunde 1, wat as ’n verpligte module deel van die student se vorming uitmaak. Ander verpligte module soos Gereformeerde lewens- en wêreldbeskouing rus die studente toe om hulle studies welbewus as Christene te benader. Die doel van hierdie vakke is om studente in staat te stel om in elke vakgebied berekend kennis te neem van die grondslae en beste bydraes daarvan wat al gemaak is. Hulle word op hierdie wyse begelei om self die grondslae en bydraes effektief te integreer en uiteindelik op die skouers van hulle wat ons voorgegaan het, skeppend te dink oor toepassings van die vakgebiede binne nuwe kontekste.

Evaluasie van die program:

Elke BA-module is geëvalueer om die kwaliteit en standaard daarvan te bepaal en te verseker dat die volle omvang daarvan van top gehalte kwaliteit is. Hierdie evaluasie is deur kenners, elk betrokke by ‘n Hoër Onderwys instelling, in die bepaalde veld of vakgebied van regoor Suid-Afrika, gedoen.. Vervolgens is slegs enkele grepe uit die terugvoer van evalueerders oor verskeie modules.

Rekenaartegnologie:

Ek was beïndruk deur die detailvlak wat in beide die studiegidse aangebied word, dit vorm die volledige module wat in twee semesters aanbied word. Noukeurige aandag word gegee aan die besonderhede, aanbieding en formaat van die studiegids en studiebriewe.

Studente word verwys na ander studiemateriaal en hulpbronne wat geraadpleeg kan word om die vakinhoud te bemeester.

  • Albertus Buitendag

Geografie:

Ek beskou hierdie modules algeheel as hoë standaard.

  • Hendrik Minnaar

 

Sielkunde:

Ek is beïndruk met die algemene kwaliteit en standaard van Sielkunde 1, sover my kennis strek vergelyk dit goed met die kwaliteit van Sielkunde 1 -modules by die meeste Suid -Afrikaanse en internasionale universiteite.

 

Die algehele kwaliteit van die tweede jaar is goed en in ooreenstemming met wat op hierdie vlak verwag word, wat studente ‘n goeie, stewige grondslag bied om persoonlikheid en ontwikkeling te verstaan.

 

My algehele indruk is baie gunstig – albei modules is in ooreenstemming met internasionale standaarde op hierdie vlak en dra duidelik en oortuigend by tot die student se kennis en vaardighede wat nodig is om ‘n BA-graad te behaal met sielkunde as hoofvak. Oor die algemeen, baie goed gedoen, 2 modules om op trots te wees.

  • Karel Botha

 

Modules:

Die volgende modules word aangebied binne die BA-program:

  • Afrikaans
  • Bybelkunde
  • Christelike Berading
  • Duits
  • Ekonomie
  • Engels
  • Filosofie
  • Gereformeerde Lewens- en Wêreldbeskouing
  • Geografie
  • Geskiedenis
  • Grieks
  • Hebreeus
  • Kommunikasiekunde
  • Latyn
  • Navorsingsmetodologie
  • Navorsing- en Statistiese Metodes
  • Navorsingprojek
  • Politieke Wetenskap
  • Rekenaargeletterdheid
  • Rekenaartegnologie
  • Sepedi
  • Sielkunde
  • Sosiologie
  • Wiskunde

Studente opmerkings:

Studente word versoek om na afloop van elke semester opmerkings/aanbevelings of voorstelle te gee oor sy/haar ervaring oor die modules wat hy/sy in die bepaalde semester geneem het. Vervolgens slegs enkele opmerkings vanaf studente. Let wel as gevolg van die POPIA wet word die opmerkings anoniem gemaak en dit word dus ook anoniem hanteer.

 

Christelike berading

Die vak het my nie net kennis gegee nie, maar ook ‘n groot verskil in my geestelike lewe gemaak.

 

Engels

Thank you for a solid course.

Die dosent was altyd goed voorbereid en dra ‘n magdom van kennis in haar veld. Puik kursus.

 

Geskiedenis

Geniet Geskiedenis baie! Puik vak en sal so ver moontlik gaan met Geskiedenis. Die dosent is uitstekend en gee met soveel passie klas. Geskiedenis is definitief ‘n vak wat ek sal voorstel aan ander studente.

 

Grieks

Ek het die vak baie interessant gevind en baie geleer.

 

Rekenaartegnologie

Die dosent is fantasties in sy vakgebied.

 

Sosiologie

Die dosent is uitstekend! Altyd voorbereid met uitstekende vakkennis. Altyd bereid om te help.

Deel die bladsy: