Legitimasiegeleentheid 2018

Die legitimasie van die afgestudeerde teologiese studente van die AP Kerk vind plaas DV 28 Januarie 2018 om 18:00 by die AP Kerk Pretoria-Oos tydens die jaarlikse openingsgeleentheid van die APA. Seën word die studente in hulle bediening toegebid.

Afsterwe van Ds. MC Adendorff

Die APA het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van ds. MC Adendorff op 1 November 2017. Hy was die eerste kanselier van die APA. Ons innige meegevoel word betuig aan sy eggenote, kinders, kleinkinders en familie. Sy heengaan word diep betreur.

Deel die bladsy: