APA toepassing op Google Play Store

Die APA het ‘n Android toepassing (”app”) op die Google Play Store.

Gaan na Google Play Store en soek “AP Akademie”.

Laai af

Neem die QR kode met jou foon af om direk na die APA Toep in die Play Store te gaan:

NOTA:

Die toepassing is beskikbaar in .apk formaat indien u toestel nie die Google Play Store se weergawe kan laai nie. Dit is egter nie die beste opsie nie, aangesien u nie kennis sal kry van opdaterings nie.

Indien jy onseker is hoe om die .apk lêer in Android te installeer, lees hier:

Laai die .zip lêer af. “Unzip” die lêer op enige plek op jou rekenaar/tablet/foon. Kies die .apk lêer. Dit behoort vanself te installeer. Kies “yes” by die opspringvenster.

Indien jy “foutboodskappe” kry, doen die volgende: Gaan na Menu > Settings > Security > en kies Unknown Sources om toe te laat dat jou foon programme installeer wat nie op die Google Play Winkel is nie.

Privaatheidsbeleid vir die gebruik van die APA toepassing

Deur die APA toepassing van die Google Play Store af te laai word die volgende onderneem deur die APA:

Watter data word versamel?
Ons versamel geen privaat data nie.
Ons versamel wel inligting oor die hoeveelheid gebruikers wat die toepassing gebruik.

Wat doen ons met die data?
Ons gebruik slegs data wat jou gebruik van die toepassing kan vergemaklik, of wat ons in staat stel om die toepassing te verbeter.
Die doel met hierdie data is om studentetevredenheid te verbeter en die APA as betroubare handelsmerk aan die Suid-Afrikaanse publiek voor te stel.
Ons stuur geen e-posse aan gebruikers tensy gebruikers ons versoek om inligting nie.
Ons stuur wel “push messages” wat dien om inligting aan personeel en studente van die APA te kommunikeer.

Derde party skakels
Sover moontlik, maak die APA nie van derde party skakels gebruik nie. Indien die toepassing na ‘n skakel verwys, is dit ‘n skakel wat eksklusief deur die APA besit en beheer word, of wat deur die APA ondersoek en goedgekeur is.

Aanlyn privaatheid
Die APA onderneem om enige data wat via die toepassing gekommunikeer word streng vertroulik te hanteer. Ons sal nooit persoonlike inligting aan enige ongemagtigde persoon verskaf of aan enige instansie verkoop nie.

Verandering van die privaatheidsbeleid
Indien die APA enige wysigings aan die privaatheidsbeleid maak, sal dit op die webblad van die APA aangebring word en gebruikers sal op ‘n behoorlike wyse daarvan in kennis gestel word.

Die huidige weergawe van die beleid is opgestel op: 5 Februarie 2017 en gewysig op 17 April 2018.
Indien u enige navrae het, kan u die APA kontak. Die inligting is hier beskikbaar.

Deel die bladsy: