Die Teologiese Fakulteit van die AP Akademie is betrokke by ‘n internasionale navorsingsprojek, in samewerking, en met befondsing van die Nederlandse Gereformeerde Bybelstigting (GBS), gesetel in Nederland.

Die doel met die projek is die vertaling van die kommentaar wat as kantaantekeninge aangebring is in die Nederlandse Statevertaling. Dié kommentaar word DV in Afrikaans gepubliseer. Navorsing op die Statevertaling is vir die Reformatoriese kerke in Suid-Afrika van groot waarde en die publisering van ‘n Reformatoriese Studiebybel vir die Afrikaanse kerkvolk word teen 2021 in die vooruitsig gestel.

Op die foto is die lede van die vertaalspan saam met lede van die Fakulteit Teologie van die APA. Agter is prof. GDS Smit (vertaler) en prof. J. Bosman (redaksie). In die voorste ry is prof. JAE Adendorff (redaksie). Die ander lede op die foto is ds. JA Weststrate van die GBS in Nederland wat die projekleier is, asook proeflesers en ander vertalers.

Mnr. CC Bremmer (regs voor) dien op die eindredaksie en is aangestel as navorser van die GBS op die span.

Deel die bladsy: