Die AP Akademie het op 7 Maart 2018 ons jaarlikse gradeplegtigheid gehad. Dit was ‘n besondere aand met talle ouers, studente en graduandi wat luister aan die geleentheid verleen het. Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van Transvaalse Landbou Unie (TLU SA) is onlangs verkies as die nuwe kanselier van die APA en tydens die promosieplegtigheid op 7 Maart 2018 as kanselier van dié instelling ingehuldig. Ons wil aan mnr. van Zyl die Here se seën toebid waar hy hierdie instelling moet lei vir die volgende 4 jaar. Ons is baie trots en dankbaar om ‘n persoon van sy statuur by hierdie instelling te kan hê. Baie geluk ook aan ons graduandi van 2018, saam met hulle ouers, eggenote, vriende en familie. Ons hoop dat julle ‘n verskil in Suid-Afrika sal gaan maak! U kan ook gerus die artikel oor die APA se gradeplegtigheid lees wat op Maroela Media verskyn het. Kliek hier.

Deel die bladsy: