Vir die APA is navorsing ‘n belangrike komponent van hoër onderwys. Daarom verloop sake by ons volgens die boek en word daar van APA-studente in die BA-program verwag om ten minste een navorsingsprojek gedurende hul finale studiejaar te voltooi.

In hierdie verband voorsien die APA in ruime mate aan studente. Die FAH van Staden-biblioteek beskik oor ‘n versameling uitstekende bronne. Studente het nie slegs toegang tot gedrukte boeke en akademiese tydskrifte nie, maar kan ook ‘n wye verskeidenheid elektroniese databasisse raadpleeg om hul navorsing verder tot hulp te wees.

By die APA word studente nie aan hul lot oorgelaat nie! Dosente van die APA tree as mentors op om studente die nodige leiding en kundige ondersteuning te bied en hulle praat behoorlik uit die boeke!

APA-studente stel nie teleur nie en ons sien opgewonde uit na 2023 se eersteklas navorsingsprojekte.

Deel die bladsy: