DOEN AANLYN AANSOEK

Stap 1

Laai die program vakkeusevorm & bylae A af, voltooi en stoor elektronies.

Let wel: Metode van onderrig

BA en NGOS studente kan slegs van afstandsonderrig gebruik maak. Hiervoor word ‘n rekenaar (PC, Laptop, Notebook) met ‘n werkende kamera en mikrofoon benodig vir aanlyn assessering. Die rekenaar moet verkieslik Windows 10 of beter gebruik om die assessering sagteware te gebruik.

Die BSocSci en BDiv word by wyse van voltydse studie waar kontakonderrig aangebied word, gevolg.

NGD(Nie Graad Doeleindes) aansoeke moet voltooi word asof dit ‘n inskrywing is in die program waarin die NGD modules voorkom.

Stap 2

Betaal die nie-terugbetaalbare aansoekfooi (R500) en stoor die bewys van betaling elektronies. Bankbesonderhede van Die Afrikaanse Protestantse Akademie:

AP Akademie, Bank: ABSA

Tak: 632005 (Hatfield)

Rek nr.: 408 589 5656

Rekeningtipe: Tjek

Verw.: ID Nommer of Studente Nommer(indien u al een ontvang het)

Stuur bewys van betaling na die volgende epos adres: betalings@apa.ac.za

Stap 3

Voltooi die aanlyn registrasie en laai die nodige dokumente op:

– Bewys van betaling
– Voltooide WIL Praktiese Vorm (Slegs vir NGOS)
– Gewaarmerkte Graad Sertifikaat Afskrif (NGOS)
– Kontrak met APA
– Deklarasie
Registrasies sonder die bogenoemde dokumente sal afgekeur word, maak dus seker u laai al die bogenoemde dokumente op gedurende die laaste stap van registrasie.

RPL & CAT ERKENNING

U kan die voltooide vorm terugstuur na die Akademie by info@apa.ac.za

BEURSE

Die AP Akademie beskik oor twee beursfondse waarvoor studente vanaf hulle tweede studiejaar aansoek kan doen. Ongelukkig kan daar nie beurse toegestaan word aan eerstejaar studente nie. Studente moet twee sake met bettrekking tot die beurse in gedagte hou:

  • Die beurse dek nie die totale klasgeld nie.
  • By staking van studies verval alle beurstoekennings.

Behoeftebeurs

Hierdie beurse word deur die Senaat geadministreer. Indien ‘n student om welke rede nie die fondse het om aan die AP Akademie te studeer nie, maar na die oordeel van die Senaat en op aanbeveling van die Fakulteitsraad, tog akademiese potensiaal toon, kan die student by die Beurskomitee aansoek doen om ‘n behoefte-beurs vir die betaling van sy/haar studiegeld aan die AP Akademie. Sodanige student moet die APA voorsien van ‘n volledige begroting vir die betrokke studiejaar, asook redes verskaf waarom die student nie die studiegeld kan vind nie. Die Senaat oordeel oor die meriete van die saak. Hierdie beurse word toegeken met inagneming van die beskikbaarheid van fondse. U kan ʼn e-pos stuur na info@apa.ac.za, vir die aandag van die Beurskomitee.

Die Senaat van die AP Akademie administreer ook verdere behoefte-beurse vanuit die APA Studente Ondersteunings Fonds. Studente wat een of meer akademiese jaar aan die AP Akademie suksesvol voltooi het, kan in aanmerking kom vir ‘n behoeftebeurs. Hierdie beurs word in oorleg met die Fakulteitsrade van die AP Akademie oorweeg. Studente moet ʼn volledige verslag ten opsigte van hulle finansies sowel as hulle behoefte voorlê. Daar word van studente verwag om akademies te slaag en te vorder by oorweging van ʼn behoefte-beurs.

Prestasiebeurse

Hierdie beurse word deur die Senaat van die AP Akademie geadministreer. Studente wat een of meer akademiese jaar aan die AP Akademie suksesvol voltooi het, kan in aanmerking kom vir ‘n prestasiebeurs. Hierdie beurs word in oorleg met die Fakulteitsrade van die AP Akademie oorweeg ten opsigte van studente wat hulself akademies onderskei van ander studente. Die minimumvereiste om in aanmerking te kom vir so ‘n beurs is 75% gemiddeld. Studente wat voltyds ingeskryf is vir ‘n graadkursus aan die AP Akademie kom in aanmerking vir hierdie beurs. Die beurs word toegeken met inagneming van die beskikbaarheid van fondse.

Hierdie gelde hoef nie deur ‘n student terugbetaal te word nie, mits hy/sy die betrokke jaar suksesvol voltooi. Studente wat meen dat hulle in aanmerking kom vir hierdie beurse moet ‘n volledig voltooide aansoekvorm rig aan: Die Registrateur van die AP Akademie, Farendenstraat 430, Clydesdale, 0002 of e-pos: info@apa.ac.za.

Lenings aan Teologiese studente

Die Willie Lubbe Teologiese studiefonds

Geregistreerde teologiese studente asook voornemende teologiese studente van die AP Akademie kan aansoek doen om ‘n studielening vanuit die Willie Lubbe Teologiese studiefonds. ʼn Volledige leningsaansoek moet die APA bereik voor/op 5 Januarie van die jaar waarvoor finansiële hulp verlang word. Laat aansoeke kan nie oorweeg word nie. Verdere navrae in verband met lenings of beurse aan Teologiese studente kan gerig word aan die voorsitter van die Kuratorium by: kuratorium@apkerk.co.za

Deel die bladsy: