Dr. Peter Leithart (lees hieronder ‘n verkorte CV) van die VSA besoek die AP Akademie DV in Oktober 2018 as gas en op uitnodiging van die Fakulteit Teologie. Dit is ‘n geleentheid wat u nie wil mis nie!
U word hartlik uitgenooi om te kom luister na sy aanbiedings op 22 en 23 Oktober 2018.
Die geleentheid wat Maandag 22 Oktober plaasvind is bedoel vir enige Bybelstudent, nie net vir leraars nie. Daar is veral die aand ‘n aanbieding deur dr. Leithart oor hoe ‘n mens “eksegese” doen van bv. ‘n Hollywood film wat vir veral vir ouers en jongmense baie waardevol sal wees.
Die Dinsdag geleentheid is oop vir enige belangstellende , maar sal spesifiek fokus op teoloë en teologiese studente.
Hieronder is die program vir sy optrede by die APA te Farendenstraat 430, Clydesdale, Pretoria. U is welkom om hierdie uitnodiging ook aan ander te stuur indien u van oordeel is hulle sou belangstel.
 
Tema: Diepte in Bybellees en Kerkwees
 
22 Oktober 2018 (vanaf 14:00)
1. Hermeneutiese peste en plae: Oor allegorie, Dawid en Goliat.
2. Waarom die enigste goeie Protestant ‘n katolieke Protestant is.
17:00 – Ete
Vanaf 18:00 
1. Bespreking van Jane Austen se Pride and Prejudice gelees met ‘n Bybelbril.

2. Filmvertoning van Pride and Prejudice daarna.


23 Oktober 2018 (vanaf 9:00-16:00)

1. Refleksie op diep eksegese na ‘n twee volume kommentaar op Openbaring.

2. Diepte eksegese van twee perikope uit Openbaring.

3. Die missie van die kerk: waar Woord en sakrament saamwerk.

13:00 – Middagete
Vanaf 14:00
Voorstelle vir die vermenigvuldiging van gereformeerd-katolieke kerke in Suid-Afrika.

Koste:

GRATIS. Die APA staan in vir die koste van die besoek, en die etes en verversings word gratis voorsien. Indien iemand ‘n donasie wil maak om te help om die kostes te dra, sal dit hoog op prys gestel word.

Aangesien ons vooraf moet weet vir hoeveel mense ons moet voorberei is dit uiters noodsaaklik dat u laat weet indien u die geleentheid gaan bywoon en ook watter van die dae (indien nie albei nie) u teenwoordig sal wees. Die geleentheid word aan ‘n wye gehoor bekend gestel en daarom moet u gou bespreek om teleurstelling te voorkom. U moet op die laatste teen Woensdag 17 Oktober 2018 laat weet indien u die geleentheid gaan bywoon.

Wie is dr. Peter Leithart?

Peter J. Leithart is president van *Theopolis Institute in Birmingham, Alabama. Hy dien as leraar by die Trinity Presbyterian Church in Birmingham en is die skrywer van ‘n twee volume kommentaar op Openbaring wat onlangs verskyn het  (T & T Clark). Hy is die skrywer van talle boeke oor teologie en letterkunde, insluitende The Baptized BodyAgainst ChristianityBrightest Heaven of Invention, en Ascent to Love. Hy het ook artikels geskryf in tydskrifte soos Pro EcclesiaJournal of Biblical LiteratureWestminster Theological Journal en First Things. Dr. Leithart en sy vrou Noel het tien kinders en ‘n span kleinkinders.
*Die Theopolis Instituut poog om mense se verbeeldingryke begrip van die simboliese wêreld van die Skrif te vernuwe, wat in die liturgie uitgeleef word, vir die herlewing van die Kerk en die vernuwing van die kultuur. Hulle lei predikers en kerklike leiers op, voorsien hulpbronne aan kerke en studente van die Skrif, en help om netwerke onder Christene te versterk.

Besprekingsvorm

Deel die bladsy: