Erasmus+ leerlingskap program vir Klassieke studie

Studente en Alumni van die APA wat Grieks 3 of Latyn 3 met lof geslaag het en belangstel om ‘n MA of PhD in Klassieke Tale (Grieks of Latyn) te studeer, kan kennis neem van die volgende geleentheid.

Die APA het ‘n uitnodiging ontvang om deel te wees van die Erasmus+ leerlingskap program. Dit bied  aan studente in klassieke Latyn of – Grieks die geleentheid om nagraads te studeer in Thessalonika, Griekeland in een van die volgende studievelde: Antieke tyd, Middeleeue of Vroeë moderne era. Die program bied verder aan suksesvolle kandidate die geleentheid om, terwyl die student besig is met die studie ook te werk by ‘n Internasionale akademiese uitgewer in die Geesteswetenskappe.

Aansoekers moet bereid wees om minstens 3 maande voltyds in Griekeland te woon en om 6 ure per dag (weeksdae) by die uitgewer te werk. Aansoekers moet oor ‘n graad in die Geesteswetenskappe beskik met ‘n klassieke taal/tale en/of geskiedenis as hoofvakke. Suksesvolle kandidate sal as vergoeding ‘n gedeelte van hulle verblyfgeld ontvang. Suksesvolle kandidate kan aansoek doen by die EU Erasmus+ program vir beurse om die studies en ander kostes te dra.

Indien u belangstel of meer inligting benodig, kontak prof. Gerrit Smit by die AP Akademie.

 

Deel die bladsy: