Papercut registrasie vir personeel en studente

Papercut is die sagteware wat die APA gebruik om toegang te gee vir personeel en studente tot die drukkers en kopieerders van die APA. Maak seker dat u gekoppel is aan die APA se koordlose netwerk of via die LAN (vir personeel) voordat u poog om hierdie stappe te volg.

Indien u nog nie vantevore gebruik gemaak het van die drukker- en/of kopieerstelsel van die APA nie, moet u eers die stappe volg wat uiteengesit is in die APA se Handleiding vir registrasie van Papercut kopieerdiens. Kies hier vir die APA Handleiding vir registrasie op Papercut-Kopieerdiens weergawe 1.4 

Android / iPhone / iPad verstellings om direk vanaf foon/tablet te druk

Indien u reeds op die APA stelsel geregistreer is en u het ‘n User ID en PIN en u wil graag u Android foon/tablet of iPhone/iPad opstel om direk vanaf u foon/tablet te druk na die APA stelsel, volg die volgende stappe:

Vir Android

1. Kies hier om die Papercut Mobilty Print toepassing af te laai of gaan na die ikoon “Papercut Mobility Print” in die APA toepassing.

2. Maak die Mobility Print toepassing oop.

3. Kies ANDROID SETTINGS

4. Onder “Mobility Print” opsie kies “ON”

5. “Searching for printers” skerm verskyn. U behoort die Papercut drukkers en kopieerders te sien sodra die toepassing klaar gesoek het (maak seker u is op die APA netwerk gekoppel).

6. U kan die Mobility Print toepassing toemaak.

7. Sodra u ‘n dokument vanaf u foon/tablet wil druk, kies die spesifieke drukker waarheen u wil druk. ‘n Opspringskerm sal verskyn wat u vra vir ‘n USER ID en PIN. Tik die korrekte inligting in. Die drukwerk sal voortgaan.

Vir Apple toestelle

1. Maak u webblaaier (web browser) oop.

2. In die adresbalk tik u die volgende adres: http://192.168.0.59:9191/ios/install. Mobility Print word op Apple toestelle slegs op iOS 9.2+ ondersteun.

3. Kies “Save” of “Run” of “Install” afhangend van watter webblaaier u gebruik.

4. Maak die Mobilty Print toepassing oop en weer toe.

5. Sodra u ‘n dokument vanaf u foon/tablet wil druk, kies die spesifieke drukker waarheen u wil druk. ‘n Opspringskerm sal verskyn wat u vra vir ‘n USER ID en PIN. Tik die korrekte inligting in. Die drukwerk sal voortgaan.

Alternatiewelik kan u die iPhone/iPad opstel om via Apple se ingeboude Airprint sagteware te druk (werk net op Apple produkte met iOS 9.2+).

1. Maak die dokument oop wat u wil druk.
2. Raak aan die toepassing wat u gebruik se “Share” ikoon en kies “Print” of kies Menu<Share&Exportnie alle toepassings ondersteun Apple se Airprint nie – MSWord en Google Docs werk wel).
3. Kies die Papercut drukker of kies “Airprint-enabled printer”.
4. Kies u verstellings en druk “Print” regs bo.
5. ‘n Opspringskerm sal u USER ID en PIN vra waarna die drukwerk sal voortgaan.

Moodle toepassing vir my.APA

Studente en personeel kan kennis neem dat die my.APA stelsel nou sodanig opgedateer is dat die my.APA studenteblad via Moodle se toepassing toeganklik is. U kan bv. u weeklikse lesings direk vanuit die “app” aflaai en luister. U sal ook kennisgewings direk op u foon of tablet kan ontvang.

Vir Android

Gaan na Google Play Store en soek die naam “Moodle Mobile” en laai die toepassing op u mobiele toestel. Maak die toepassing oop. Tik die adres http://www.my.apa.ac.za in die “server/URL” blok in. Die gebruikersnaam en wagwoord is dieselfde as die een wat u gebruik om op die webblad in te teken.

 

Apple/iOS

Die toepassing is ook beskikbaar in iOS op die Apple Store. Soek “Moodle Mobile” en installeer die toepassing. Maak die toepassing oop. Tik die adres http://www.my.apa.ac.za in die “server/URL” blok in. Die gebruikersnaam en wagwoord is dieselfde as die een wat u gebruik om op die webblad in te teken.

Wysiging aan APA Google Drive

Jou @apa.ac.za / @my.apa.ac.za e-posadres gee toegang tot onbeperkte stoorruimte op Google Drive.
 
Indien daar gebruikers is wat “Google Drive Sync Client” gebruik om dokumente na hulle rekenaars en ander toestelle te sinchroniseer, neem asb. kennis dat Google op 12 Maart hierdie opsie afskakel en dat u dit nie verder kan gebruik nie. U MOET voortaan “Google Backup and Sync” gebruik.
 
Hoe weet mens of jy moet verander?
Indien jy Google Drive na die rekenaar sinchroniseer: as jy aan die regterkant onder waar die “Taskbar” is met die muis beweeg, moet daar ‘n ikoon wees met ‘n “wit of blou wolkie” en ‘n “swart of blou pyltjie” na bo . Dit beteken jy gebruik reeds Google Backup en Sync en jy hoef niks te verander nie. 
Indien jy nog die ou Google Drive ikoon sien (‘n groen, blou en geel driehoek) beteken dit jy sal definitief dadelik moet opgradeer anders gaan jou dokumente binnekort nie meer sinchroniseer nie.
 
Gaan na hier na Google backup and sync vir beide Mac en Windows en laai die opdatering daar af.
Deel die bladsy: