NAGRAADSE ONDERWYSSERTIFIKAAT VIR DIE SENIOR- EN VERDERE ONDERWYS EN OPLEIDINGSFASE (NGOS)

Agtergrond:

Die NGOS word begrond deur ‘n Christelik-Reformatoriese raamwerk in aansluiting by die APA se etos soos geregistreer deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. Die doel van hierdie Nagraadse Onderwyssertifikaat is die opleiding van onderwysers vir die Senior Fase (SF) en die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO) volgens ‘n inklusiewe deelnemende strategiese model. Om hierdie doel te bereik is die NGOS kursus ontwerp wat werkgeïntegreerde leer insluit. Dit is ‘n doelgerigte kursus om opleiding, leer en opleiding binne die omgewing van die SF en VOO te bied. Die NGOS-program behels die sistematiese ontwikkeling van kennis, vaardighede, waardes, gesindhede en verdere/ander toegepaste vaardighede wat verwag word van voornemende onderwysers om hul taak bevredigend te kan uitvoer.

 

Evaluasie van die program:

Die NGOS-program is in 2019 intern geëvalueer deur die Kurrikulum- en Kwaliteitbeampte. Daar was deeglike bewyse gelewer vir die program en die program spreek van hoë gehalte en kwaliteit. Die program gaan DV einde 2021 of begin 2022 ekstern geëvalueer word.

 

Modules:

Die volgende modules word aangebied binne die NGOS-program:

 

Verpligte vakke

  • Kommunikasie
  • Algemene Didaktiek
  • Professionaliteit in Onderrig
  • Skoolgebaseerde- /Werkgeïntegreerde leer (SBL/WIL)
  • Onderwysteorie

 

Senior Fase spesialisasies

  • Afrikaans
  • Ekonomiese Bestuurswetenskap
  • Engels
  • Lewensoriëntering
  • Natuurwetenskap
  • Sosiale Wetenskap
  • Voorligting, Begeleiding en Berading
  • Wiskunde

 

Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO)-spesialisasies

  • Afrikaans
  • Ekonomie
  • Engels
  • Geografie
  • Geskiedenis
  • Landbouwetenskap
  • Lewensoriëntering
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Tweede Addisionele tale
  • Verbruikerstudie
  • Voorligting, Begeleiding en Berading
  • Wiskunde

 

Studente opmerkings:

Studente word versoek om na elke semester opmerkings/aanbevelings of voorstelle te gee oor sy/haar ervaring oor die modules wat hy/sy geneem het in die bepaalde semester. Vervolgens slegs enkele opmerkings vanaf studente. Let wel as gevolg van die POPIA wet word die opmerkings anoniem gedoen en hanteer.

 

Algemene Didaktiek

Baie dankie vir die goeie aanbieding van die vak.

 

Engels

Die dosent  was altyd beskikbaar. Haar standaard van onderrig is hoog, en sy gee “detailed” terugvoering.

 

Kommunikasie

Ek het die vak geniet, veral die vinger/gebaretaal. Dis iets wat ek vir my kinders kon leer, dis ‘n “life skill” wat niemand by jou kan wegvat nie. AP Akademie julle doen goeie werk, hou so aan.

 

Leerstof baie insiggewend en professioneel afgerond. Leereenhede word deurdag aangebied en opdragte is duidelik omskryf en gepas vir die doel van assessering. Baie dankie vir hierdie uitdagende, maar uiters leersame proses. 🙂

 

Onderwysteorie

Dit was ongelooflik lekker en leersaam. Vak is goed en proffesioneel aangebied.

 

Deel die bladsy: