Die APA se dosente is uiters kundig en ervare op hulle vakgebiede en bied daarom vir studente werklike en waardevolle insig in die vakrigting wat hulle studeer.

Nagraads bied Die APA ‘n afstandsgebaseerde Nagraadse Gevorderde Onderwys Sertifikaat (NGOS of in Engels PGCE) aan in die Senior Fase (gr. 7-9) en Verdere Onderwys en Opleiding (gr. 10-12).

Dr. Ebelie Maritz, die NGOS se vakdidaktiek dosent vir Afrikaans, het die afgelope maand op Pta FM se “Skuins voor Pouse” as gasspreker opgetree. Sy het gesels oor die skryfkultuur in skole.

Deel die bladsy: