NAGRAADSE ONDERWYSSERTIFIKAAT VIR DIE SENIOR- EN VERDERE ONDERWYS EN OPLEIDINGSFASE (NGOS)

POSTGRADUATE CERTIFICATE IN EDUCATION FOR SENIOR PHASE AND FURTHER EDUCATION AND TRAINING (PGCE)

GEAKKREDITEER – SAQA ID: 99727

Die NGOS word begrond deur ’n Christelik-Reformatoriese raamwerk in aansluiting by die APA se etos soos geregistreer deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. Die doel van hierdie Nagraadse Onderwyssertifikaat is die opleiding van onderwysers vir die Senior Fase (SF) en die Verdere Onderrig- en Opleidingsfase (VOO) volgens ’n inklusiewe deelnemende strategiese model. Om hierdie doel te bereik is die NGOS kursus ontwerp wat werkgeïntegreerde leer insluit. Dit is dus ’n doelmatige kursus om opleiding, leer en onderrig binne die omgewing van die SF en VOO fases te fasiliteer. Die NGOS-program behels die sistematiese ontwikkeling van kennis, vaardighede, waardes, gesindhede en verdere/ander toegepaste vaardighede wat verwag word van voornemende onderwysers om hul taak bevredigend te kan uitvoer.

Die NGOS duur een jaar voltyds en twee jaar deeltyds. Dit mag egter nie drie jaar oorskry nie. Sou daar enige ekstra voorgraadse keuringsvakke vereis word kan hierdie vakke uit die APA se BA program gelyklopend met die NGOS voltooi word.

KURSUSUITEENSETTING

Daar moet TWEE  VERSKILLENDE vakdidaktieke in die SF (vlak 6) en VOO Fases (vlak 7) geneem word wat berus op verskillende voorgraadse vakke op verskillende vlakke.

VERPLIGTE VAKKE

SF spesialisasies (gr. 7-9) Kies een

VOO spesialisasies (gr. 10-12) Kies een

  1. Kommunikasie
  2. Algemene Didaktiek
  3. Professionaliteit in Onderrig
  4. Skoolgebaseerde- / Werkgeïntegreerde leer (SBL/WIL)
  5. Onderwysteorie (eksamenvak)
  • Afrikaans
  • Ekonomiese Bestuurswetenskap
  • Engels
  • Lewensoriëntering
  • Natuurwetenskap
  • Sosiale Wetenskap
  • Voorligting, Begeleiding en Berading
  • Wiskunde        
  • Afrikaans
  • Ekonomie
  • Engels
  • Geografie
  • Geskiedenis
  • Landbouwetenskap
  • Lewensoriëntering
  • Rekeningkunde
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Tweede Addisionele Tale
  • Verbruikerstudie
  • Voorligting, Begeleiding en Berading
  • Wiskunde        

ONTHOU: Vakdidaktieke is die spesialis metodiek van onderrig in die vak MAAR daar word nie vakinhoud gedek nie – dit word aangeneem is gedek tydens voorgraadse studie. Daarom moet studente tot op ‘n seker NKR vlak voorgraads vakke gehad het.

Indien u navrae het, kontak gerus die program sekretaresse by die volgende epos adres: sekretaresse.ngos@apa.ac.za

Deel die bladsy: