Die AP Akademie het in Januarie vanjaar se studente met ‘n openingsgeleentheid by die AP Kerk Pretoria-Oos verwelkom. Prof. Alwyn Swanepoel het studente tydens die openingsdiens bemoedig met ‘n boodskap oor die ywer van nuwe bewegings van God in wankelende tye.

Prof. Swanepoel het met dankbaarheid verwys na die genade van groei. Die AP Akademie het klein begin met opleiding vir predikante. Onderwys het bygekom en ook sielkunde. Voorverlede jaar het Kommunikasiekunde en Sepedi deel van ons vakke geword, en verlede jaar het Politieke Wetenskap en Ekonomie vir die eerste keer ook bygekom.

BDiv-studente het in dieselfde week hulle oriënteringsdag op kampus gehad. Prof. Gerrit Smit het studente herinner aan die waardes wat vir die AP Akademie belangrik is, soos onder meer, Bybelgetrouheid, inklusiewe en uitstaande akademie en etiese verantwoordelikheid.

Deel die bladsy: