Die AP Akademie het met ‘n opwindende nuwe projek begin, naamlik podsendings! Studente berei aanbiedings voor van die navorsing wat hulle oor bepaalde onderwerpe moes doen. Dit word dan opgeneem en as ‘n podsending op die AP Akademie se webblad gelaai, luister gerus daarna by die volgende skakel: https://www.apa.ac.za/akademiese…/tafelgesprekke-oudio/

Op dié manier skep ons ‘n geleentheid vir belangstellendes wat op die podsendings inskakel om meer oor sekere onderwerpe te leer.

Ons het weggespring met ‘n bespreking van die agtergrondinligting tot die boek Daniël: Wie het die boek geskryf, wanneer is dit geskryf, wat was die historiese agtergrond van die boek ensovoorts. Die studente in die BDiv 3 klas het aan die bespreking deelgeneem.

Deel die bladsy: