Die AP Akademie en internasionale akademiese kontak Op 18 Maart 2013 het die Akademie Prof dr. Joseph A. Pipa, die President van die Greenville Presbyterian Theological Seminary in South Carolina, Amerika ontvang.

Hy het die oggend twee lesings gelewer. In die eerste lesing, getiteld Our Theological Calling Today – A Southern (USA) Perspective, het hy hulle instelling aan ons bekendgestel en iets van hulle roeping in die Amerikaanse samelewing verduidelik. Dit was verblydend om te ontdek dat ons strydgenote is wat die stryd om die behoud en bevordering van die gereformeerde leer betref. In sy tweede lesing, A Christian Life – Our Theological Responsibility, het hy klem gelê op die feit dat akademici (dosente en studente) hulle akademiese werksaamhede met ’n vroom lewenswandel moet verenig. Dit was vir ons ’n bevestiging van ons strewe dat die teologie wat by die Akademie bestudeer word, tot lof van God en tot ware dissipelskap moet lei. Hierdie besoek van dr. Pipa was ‘n waardevolle kontak wat ons met teologiese instellings buite ons land kon opneem. Dit was egter nie die enigste kontak nie. Van ons leraars wat verder studeer het ook al met instansies in Amerika geskakel en van hulle selfs besoek. Dit is ons strewe om hierdie soort kontak verder uit te bou. In ’n tydsgewrig waarin die Skrifbeskouing in die brandpunt staan, besef ons die waarde daarvan om met instellings in hierdie wêreld wat nog die onfeilbaarheid van God se Woord bely en die gereformeerde tradisie hoog ag, hande te vat. Hierdie internasionale kontak is nodig met die oog op die verdere studies van ons oud-studente. Die Akademie is nog nie geregistreer om meesters- en doktorale grade aan te bied nie. Daarom moet leraars van die AP kerkverband hulle na ander instellings wend vir verdere studie. Ons wil graag hê dat hulle by die beste gereformeerde teologiese instellings ter wêreld moet tuiskom. Ons kan ook in dié verband noem dat een van ons oud-studente aansoek gedoen het om by die Jonathan Edwards Centre Africa te studeer. Dié sentrum is wel aan die Universiteit van die Vrystaat verbonde, maar het bande met die Yale universiteit in Amerika. Dit gee aan ons studente dus ook ‘n mate van internasionale blootstelling. Oor die wêreld heen bemerk ons ‘n nuwe entoesiasme vir die gereformeerde waarhede. Ons vertrou dat daar deur ons internasionale kontak met Bybelgetroue en belydenisgebonde instellings wedersydse teologiese bevrugting kan plaasvind.

Prof dr. Joseph A. Pipa – links www.josephpipa.com

President, Professor – Historical & Systematic Theology

Education: B.A., Belhaven College, 1968; M.Div., Reformed Theological Seminary, 1971; Ph.D., Westminster Theological Seminary, Philadelphia, 1985.

Positions: Pastor, Tchula Presbyterian Church, Tchula, MS, 1970-1977; Staff, Great Commission Publications, 1977-1979; Guest Lecturer, Westminster Theological Seminary, 1978-1979; Pastor, Covenant Presbyterian Church, Houston, TX, 1979-1990; Associate Professor of Practical Theology and Director of Advanced Studies, Westminster Theological Seminary, Escondido, CA, 1990-1997; Pastor, Trinity Presbyterian Church (PCA), Escondido, CA, 1991-1997.

Author:Root & Branch; William Perkins and the Development of Puritan Preaching; The Lord’s Day; The Westminster Confession of Faith Study Book: A Study Guide for Churches; Galatians: God’s Proclamation of Liberty

Articles (selected): “Operation Rescue and the Bible”; “Adult Education in the Church”; “The Principle of Sabbath Keeping”; “Biblical Reformed Piety”; “Preparing for Your Pastor to Visit”, “Seminary Education”; “What is the PCA?: Some Thoughts for the Presbyterian Church in America”; “The Confessing Church”‘ “Dearest Ashley, Child of the Covenant”; “Out of Order: A Critique of the Framework Hypothesis”; “The Infinity of God: God’s Incommunicable Attributes”; “The Face of Death.”

Contributor: Whatever Happened to the Reformation?; Onward Christian Soldiers; The Auburn Avenue Theology, Pros and Cons : Debating the Federal Vision; Interpreting and Teaching the Word of Hope: Essays in Honor of Jack Brown Scott on His Seventy-Seventh Birthday; The Hope Fulfilled: Essays in Honor of O. Palmer Robertson; Table Talk magazine; Sunday School materials for Great Commission Publications.

Editor: Did God Create in Six Days?; Written for our Instruction: The Sufficiency of Scripture for All of Life; Sanctification: Growing in Grace; Reformed Spirituality; The Worship of God; Confessing Our Hope: Essays in Honor of Morton Howison Smith on His Eightieth Birthday; The Covenant: God’s Voluntary Condescension.

Deel die bladsy: