Stuur vir ons ‘n boodskap

[contact-form-7 id="13927" title="skryf-in"]

Het u enige vrae?

Ons is opgewonde rakende u belangstelling om die AP Akademie (APA) te oorweeg as ‘n tuiste vir verdere studie. Op ons webwerf onder die opskrif “Graadprogramme” is ons inligting asook by “Akademiese inligting” beskikbaar. Ons heg vir u die Prospektus vir 2017 aan, bestudeer asseblief die prospektus noukeurig omdat dit meeste van u vrae sal beantwoord, maar voel vry om Annami Bruwer, ons bemarker, enige tyd te skakel indien iets onduidelik is vir u. Prospektus 2017.
Wat die APA uniek maak is dat ons alle Afrikaanssprekendes verwelkom met ‘n matrieksertifikaat, ongeag van u ouderdom.  Ons bied ook ‘n oorbruggingsjaar aan vir studente met ‘n M-telling tussen 18 en 20.  Ons toelating M-telling is 24, maar ons akkommodeer deur prestasie-motivering en evaluering na die eerste semester studente met M-tellings tussen 21 en 23.  Skryf dus gerus in en word deel van ons familie!
Vul asseblief u besonderhede by “Stuur vir ons ‘n boodskap”, langs die vrae op hierdie blad of by kontak ons, in.  Annami Bruwer, ons bemarker, gaan u persoonlik kontak en deur die proses help
Indien u nie geweet het nie en vir gemoedsrus, die APA is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ‘n privaat tersiêre onderwysinstelling geregistreer, ons grade word dus erken. Op ons webwerf onder die opskrif “Graadprogramme” is ons nuutste sertifikaat geplaas as verwysing.
Gaan na die fotos op ons webwerf van ons professors en op die agterkant van die fotos, klik en lees gerus meer oor wie hulle is en hulle bron van kennis.  Lees ook al die berigte op die webwerf, veral die oor ons internasionale medestryders.  U sal selfs ‘n verduideliking van ons wapen vind by ons grondslag afdeling.  Geniet die ervaring en ons hoor graag van u op ons beskikbare sosiale media platforms.
Die APA se unieke BA-Graad is geregistreer vir afstandsonderrig sodat meer die geleentheid tot die studie daarvan kan geniet.  Persone wat in Pretoria woon is welkom om die klasse te kom bywoon wat opgeneem word vir die afstandsonderrig by ons veilige en huislike kampus.  Deur dit by te woon mag u meer ‘n gevoel van ‘n studentelewe ervaar.  Die APA BTh-Graad is geregistreer vir klasonderrig, wat geskied op ons Pretoria kampus.  Daar is dus studentelewe op kampus met ‘n studenteraad en organisasie. Lees gerus meer op die webwerf onder die opskrif “Studentelewe”.

Kontak ons

Kontak ons gerus vir enige verdere navrae.

Kontak-nommers:
+27 64 654 5878
+ 27 (0)12 344 3960/1/2

Epos
bemarking@apa.ac.za

Deel die bladsy: