Die AP Akademie, Aros en Akademia het in 2017 gesamentlik die Forum vir Afrikaanse Privaat Universiteite gestig.

Die AP Akademie het weer Vrydag 9 Maart 2018 samesprekings gevoer met Aros en Akademia oor die toekoms van Afrikaanse Privaat Universiteite in Suid-Afrika. Die geleentheid was hierdie keer aangebied deur Aros, wat vanjaar ‘n splinternuwe konferensiesaal in gebruik geneem het!

Die tema vir die geleentheid was “Die doel van Aros se oorsee toer” en hoe internasionale bande Suid-Afrikaanse Privaat instellings kan versterk en navorsing stimuleer.

By die geleentheid was ook joernaliste vanuit Nederland wat belangstelling het in Afrikaans en sy toekoms in Suid-Afrika. Hulle was ook in besonder opgewonde oor die geweldige groei van Afrikaanse Privaat Universiteite in Suid-Afrika en beoog om in Europa ook oor hierdie saak artikels te publiseer.

Ons was almal eenstemmig dat daar ‘n blink toekoms vir Afrikaans op Tersiêre vlak in Suid-Afrika is. Ongelukkig sal Afrikaans waarskynlik nie baie lank meer ‘n plek in staatsuniversiteite hê nie.

Die AP Akademie saam met ons geesgenote het na die konferensie uitmekaar gegaan met die onderneming om binnekort weer te vergader by Akademia se kampus om gesprekke voort te sit.

Deel die bladsy: