1.1 Sentrum vir Leer en Onderrig en Vakkundigheid in Landbou

Die Sentrum vir Leer en Onderrig, en Vakkundigheid in Landbou (SLOVL) is ’n  vermengde leer-en onderrig omgewing met fisiese en virtuele kenmerke vir die voorsiening van, 1) leer en onderrig van aanlyn beroepsgerigte leerprogramme in landbou in afstandsmodus, 2) aanlyn kortkursusse in landbou, en 3) ontwikkeling van vakkundigheid en relevante navorsing in landbou, deur ondermeer navorsingsprojekte oor aanlyn leer en onderrig in landbou as voorbeeld,  die fasilitering van samewerking met ander instellings en verwante strukture, en die verspreiding van bevindinge deur publikasies en aanbiedings.

1.1.1 Doel en rol van die sentrum by die APA

Die doel van die sentrum is eerstens gevestig in die beginsels van Klassieke Christelike Hoër Onderwys (KCHO) en belyn met dit wat die APA vir die ontwikkeling van die landbousektor kan bied en beteken. Die APA beoog hiermee om aan ongeskoolde individue in die landbousektor en die wat ’n loopbaan in die landbousektor beoog, die geleentheid te bied om, 1) die ou spore van die gelowiges en teoretici deur die eeue heen in landbou, in die Bybel en in onder andere die groot werke van die westerse en ander beskawings te verken, 2) hul sienings oor waarheid, skoonheid en ons plek in die Skepping te bestudeer en te waardeer, 3) nuwe maniere in relevante en kontemporêre sisteme van kennis, vaardighede en bekwaamhede en wetenskaplike praktyk in landbou te ontdek, verken en integreer, en 4) die wêreld van werk en samelewing met kennis, vaardighede en kundigheid in landbou te betree, belyn met christelike waardes.

Dit word verder beoog dat die sentrum teen die agtergrond van KCHO sal ontwikkel en met akademiese uitnemendheid betrokke sal wees by die ontwikkeling en aanbieding van ondermeer, 1) aanlyn beroepsgerigte leerprogramme op vlak 5 tot 7 van die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk (NKR), 2) aanlyn beroepsgerigte nagraadse leerprogramme op vlak 8 van die NKR,  en 3) kort kursusse in relevante velde van studie soos aangedu en/of versoek deur verskillende rolspelers en vennote.

Die sentrum word ook beoog om by te dra tot die ontwikkeling van bestaande en nuwe kennis en vakkundigheid in die landbousektor deur ondermeer navorsingsprojekte as deel van nagraadse leer en onderrig en ander relevante navorsing, innovasie en ontwikkeling.

1.1.2  Die Hoof van die sentrum

Die Hoof van die sentrum is verantwoordelik vir die toesig oor die sentrum se bedrywighede, die opstelling van strategiese doelwitte en die koördinering van die aktiwiteite van die sentrum.

 

Deel die bladsy: