Alumni

Outisme

Outistiese leerders is oor ‘n breë spektrum versprei. Sommige besit die vermoë om op ‘n hoë vlak te funksioneer, terwyl ander weer op ‘n laer

Deel die bladsy:
Lees meer »

Alumni:

As ‘n lid van ons globale gemeenskap van alumni, is jy een van die APA se mees waardevolste belanghebbende, wat deel vorm van die APA se sukses en prestasies.

Sodra jy jou graad of diploma suksesvol voltooi het, word jy ‘n APA-alumnus. Die APA verwys na die alumni as oudstudente van die universiteit wat ‘n graad of sertifikaat voltooi het wat aan die universiteit toegeken is.

Die APA erken die potensiaal van hul Alumni om te help om die visie en missie van die instelling te bevorder. Deur jou kennis oor te dra aan huidige en toekomstige studente help jy om sodoende aan te hou met die leersiklus.

Die APA nooi al die alumni om aan te sluit by ons verskeie aksies wat op ons Sosiale media blaaie gevind kan word asook om ons onderskeie inisiatiewe te ondersteun deur finansiële bystand en aktiewe deelname.

Kontakbesonderhede

Ons moedig die alumni van die aan om hul kontakbesonderhede op te dateer. Deur dit te doen, sal jy verseker dat die alumnikantoor die volgende kan doen:

–          Op datum te bly van die verskeie aksies en aktiwiteite van die APA

–          Om ‘n bygewerkte databasis te handhaaf van alle alumni

Klik hier om jou besonderhede op te dateer.

Akademiese Skripsies

Kwalifikasie-verifikasie dienste

Versoeke vir akademiese rekords, transkripsies, herdrukke van sertifikate of kwalifikasieverifikasiebriewe kan die versoeke aan alumni@apa.ac.za. gestuur word.

 

Deel jou storie met ons!

Het jy ‘n storie om te vertel wat ander APA-alumni of studente sal inspireer? Deel dit met ons, en jou storie kan op ons webwerf verskyn.

Deel jou gunstelingverhaal van jou tyd by die APA, of vertel ons van jou loopbaan en die wonderlike dinge wat jy bereik het sedert jy gegradueer het. As jy ‘n boek gepubliseer het, ‘n besigheid begin het of ‘n produk uitgevind het, wil ons alles daaroor weet, en hoe die APA jou gehelp het om daar te kom.

Dien jou storie (van 250 woorde of minder) saam met ‘n hoë-resolusiefoto (JPEG) in by alumni@apa.ac.za.

Moenie vergeet om die volgende inligting by te voeg nie:

–          Jou naam

–          Gradeplegtigheid Jaar

–          Graad/Sertifikaat

–          Selfoonnommer

–          E-pos adres

#APAPotgooi

Alumni en vriende van die APA deel hul stories op, #APAPotgooi . Verskeie mense in besighede tot innoveerders op die gebied van geesteswetenskappe, prominente Suid-Afrikaanse stemme van oor verskeie dissiplines verduidelik waarheen hul reis hulle geneem het ná hul tyd by die APA.

Kontak ons

Die Alumni Kantoor van die APA

Farenden Straat 430

Clydesdale

Pretoria

Suid-Afrika

0002

Indien u hier afstudeer het is u welkom om ons te kontak by alumni@apa.ac.za.

Ons wil graag hoor waar in die wêreld ons oud-studente hulle bevind.

Die APA – skilder jou toekoms

Deur Maryke du Pisani

Verbeel jou, jy is ‘n “wil wees” kunstenaar, gewapen met slegs ‘n skoon skilderdoek. Jy stap doelloos rond, opsoek na ‘n ateljee, ‘n spasie waar jy jouself kan ontwikkel en jou silwerskoon skilderdoek kan omskep in ‘n meesterstuk...

Ek was so ‘n “wil wees kunstenaar”, doelloos en opsoek, totdat ek aan die einde van 2019 by ‘n “ateljee” genaamd die Afrikaanse Protestantse Akademie, ‘n geakkrediteerde Christelike privaat hoër onderwysinstansie beland het. By wyse van spreke - ‘n kunstenaarsparadys!

Die ateljee was indrukwekkend, en lig. Daar was ‘n stewige “esel”, wat my doek vasgehou en ondersteun het – die administratiewe span. Altyd hulpvaardig en bereid om te dien. Top gehalte “kwaste”, die dosente – kenners op hulle gebiede – met ‘n passie vir gehalte-opleiding. Verf, beskikbaar in meer as 19 kleure en in verskillende skakerings – ek kon uit meer as 19 vakke kies, elk met insiggewende inhoud en met elke semester het ek ‘n nuwe toepassingstegniek aangeleer. Die verf was altyd beskikbaar vir gebruik, op ‘n persoonlike verfpalet – die aanlyn studente portaal - die myAPA-blad. 

Dit is drie jaar sedert ek die eerste keer by die APA ingestap het, en ek stap uit die “akademiese ateljee”, gewapen met ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde. My meesterstuk is voltooi en gereed vir uitstalling - is jy gereed om jou toekoms te skilder?

Deel die bladsy: