
Tevrede
Behalwe Tevrede[i] Orals waar ‘te’ bykom, is ‘te veel’, behalwe ‘tevrede’” vertel ouers hul kinders. By ‘tevrede’ kan sekerlik ook nog voorbeelde van ʼn goeie

Navorsing en studente
Navorsing kan gedefinieer word as ‘n ondersoek oor ‘n onderwerp of idee om nuwe inligting te ontdek.[1] Merriam-Webster[2] definieer navorsing soos volg: ‘n Ondersoek of
Liefde vir die taal
Van Die son gaan onder in die weste, agter Die grysvaal koppies van ons ou Karoo; Die hele lug is rooi, en goud, en silwer,

Oranje Bo!
In die suide van Frankryk is daar ʼn stad met die naam Oranje (in Frans: Orange, uitgespreek Orahnz). Hier het die vroeë Christelike Kerk in

Hugenotedag: 24 Augustus 2023
24 Augustus 2023: Hugenotedag Die Massamoord van Bartolomeusdag deur François Dubois in die Kantonale Skone Kunstemuseum te Lausanne [1] Wêreldwyd word op 24 Augustus, Hugenotedag

Ses wenke vir die suksesvolle voltooiing van jou aanlynstudie
Met die vinnige ontwikkeling van tegnologie en na aanleiding van die COVID-19-pandemie, was universiteite onder druk om te herstruktureer en was daar ’n drastiese toename

Terug na die huis – Ekonomie en Christenskap
Niemand van ons is meer onder ‘n wanindruk oor die toestand van die land se ekonomie nie. ‘n Regering wat korrup is, tenderpreneurs wat die

ChatGPT: Moet ons bang of bly wees oor kunsmatige intelligensie?
In die alledaagse lewe is daar nuwe terme wat oral gebruik word en vir baie mense totaal vreemd is. ChatGPT is die woord wat deesdae

Deel 2 | Help, iets vreet my erfstukke!
In Deel 1 het ons gesien dat eienskappe wat inherent aan papier is, hoofsaaklik die oorsaak daarvan is dat ou papiervoorwerpe deur omgewingsfaktore ‘aangeval’ word.

ERIK HOLM | Die ossewa en sy spore
Dr. Jeanette van Rensburg Dit is duidelik dat Langenhoven se spreuk Erik Holm se belangstelling, passie en navorsing die afgelope vier dekades gerig het. In

Die waarde van gehalte akademiese bronne
Deur Suné Bester: Kurrikulum- en kwaliteitsbeampte (Die AP Akademie) Bronne is ‘n belangrike deel van akademiese werk. Dit is dan vanselfsprekend dat studente en navorsers

Deel 1 | Help, iets vreet my erfstukke!
(Deel I) Deur Dr. Jeanette van Rensburg: BA-dosent – Geskiedenis (Die AP Akademie) Dit is maklik om te dink die vak Geskiedenis bied nie veel

Is my erfstuk iets werd?
deur Dr. Jeanette van Rensburg Daar word dikwels van ‘n kultuurhistorikus verwag om die verskille tussen Africana en sogenaamd antieke voorwerpe of die ooreenkoms tussen

Die Voortrekkers het Suid-Afrika al twee keer verower
Deur Willem van Heerden Tussen 1835 en 1838 het die Voortrekkers (ongeveer 10 000 siele, hoofsaaklik Oos-grensboergesinne wat dieselfde taal gepraat het en dieselfde ideale gekoester het)
Is my erfstuk iets werd?
Daar word dikwels van ‘n kultuurhistorikus verwag om die verskille tussen Africana en
sogenaamd antieke voorwerpe of die ooreenkoms tussen oudhede en versamelaarsitems te
verduidelik.
Africana het te make met die Suid-Afrikaanse bodem. Dit is voorwerpe wat (1) in Suid-Afrika
geskep is, of (2) handel oor Suid-Afrika, of (3) deur ‘n Suid-Afrikaner gemaak is. Africana-
voorwerpe kan byvoorbeeld boeke, koerante, meubels, kunswerke, munte, seëls, Kaapse
silwer of kaarte wees, wat bepaalde eienskappe openbaar. Dit moet lig werp op die
vestiging van die mens op die kontinent van Afrika, Suid van die Limpoporivier en die
geskiedenis of die verlede laat herleef. Dit moet as ń dokument van sy tyd bestempel kan
word en moet bewarenswaardig wees of ń element van tydloosheid bevat. Omdat so ń
voorwerp intrinsieke waarde moet hê, moet die kwaliteit daarvan hoog wees en is dit
gewoonlik verhandelbaar. Skaarsheid en ouderdom speel ook ‘n rol in die bepaling van
Africana-voorwerpe se status.
In Suid-Afrika moet ‘n voorwerp ten minste 60 tot 100 jaar oud wees om as antiek
bestempel te word. In Europa word slegs voorwerpe wat ouer as 100 jaar is, as antiek
beskou want die Westerse beskawing daar is soveel ouer as in Suid-Afrika. Die
stylsuiwerheid van ‘n voorwerp speel ń belangrike rol, m.a.w. is die voorwerp kenmerkend
van sy tyd en getuig dit van kwaliteit vir die tyd waarin dit vervaardig is? Styl is ‘n
uitdrukking van ‘n groep mense in ‘n bepaalde tydperk en dus gee gemeenskappe identiteit
aan bepaalde stylvorme.
Memorabilia, aan die ander kant, is voorwerpe wat versamel word ongeag die ouderdom
daarvan, omdat dit verband hou met films of bekende mense soos musikante en sporthelde.
Dit kan foto’s, briewe, programme en kaartjies van optredes of wedstryde wees, of die
persoonlike eiendom van gewilde mense. Wanneer so ‘n voorwerp onderteken is deur die
bekende persoon, is dit nog meer werd want dit is dan meer gesog. Voorbeelde is Charlie
Chaplin se hoed en skoene, ‘n restourantfaktuur met John Lennon se handskrif agterop of
Elvis Presley se polshorlosie.
Wanneer ‘n voorwerp as Africana, antiek of memorabilia geklassifiseer is, wil die meeste
mense dan gewoonlik weet wat dit werd is. ń Maklike reël om te onthou is dat ‘n voorwerp
net soveel werd is as wat iemand op ‘n gegewe tydstip bereid is om daarvoor te betaal. Dit
spreek vanself dat die volgende aspekte dan bepalend is vir die gesogtheid en dus ook die
waarde van ‘n voorwerp: die hoeveelheid van die voorwerp wat nog in omloop en
beskikbaar is, die toestand van die voorwerp (en dikwels ook die oorspronklike verpakking
daarvan), asook die beskikbaarheid van inligting oor die voorwerp se vervaardiging en
geskiedenis.
Kenners van kuns en oudhede is dikwels verbonde aan museums en dit word as oneties
beskou as hulle dan waardebepalings sou maak. Hulle het insae in die versamelbehoeftes en
beskikbare fondse van die instansies waarvoor hulle werk of kan baie maklik ‘n persoonlike
belang hê daarby om foutiewe waardasies te maak. Versoek altyd iemand wat in die handel
van oudhede staan om ń akkurate aanduiding te kry van ‘n voorwerp se waarde.
Dr. Jeanette van Rensburg
ERIK HOLM
Die ossewa en sy spore
Imprimatur
2020
370 pp.
ISBN 978–0–620–89142–4
Dr. Jeanette van Rensburg
Lees meer oor die ossewa en sy spore by die volgende skakel: https://www.apa.ac.za/wp-content/uploads/2022/12/ERIK-HOLM-EDITED.pdf
Die artikel van Willem van Heerden, ‘n finalejaar-student, bied ‘n besonderse vertelling van die gebeure waar die Voortrekkers die land inbeweeeg en verower het.
Lees meer by die volgende skakel: https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/die-voortrekkers-het-suid-afrika-al-twee-keer-verower/