Lingua Latina

Die ACADEMIA LATINA van die AP Akademie bied aan skoliere (vanaf Graad 6), studente en volwassenes ’n unieke geleentheid om met Latyn en die rykdom van die Klassieke kennis te maak.

SCHOLA SCRIPTA is ’n korrespondensiekursus wat uit vier kursusse (modules) bestaan. By die suksesvolle voltooiing van elke kursus word ’n sertifikaat van die AP Akademie aan u uitgereik. U kan teen u eie tempo werk. Twee moontlike eksamendatums (in Junie en November) stel u in staat om ’n kursus per jaar of per semester te voltooi. Na voltooiing van SSIV bied Noordwes Universiteit ’n opvolg korrespondensiekursus aan in Oxford Latyn (OLC I).

SCHOLA SCRIPTA bied u:

  1. ’n Inleiding tot die Latynse taal
    • Basiese Latynse taalstruktuur en woordeskat
    • Verryking van u Engelse en Afrikaanse woordeskat gebaseer op Latynse grondvorme, bv. manus (hand), manuscript/manuskrip, manicure/manikuur, manipulate/manipuleer, manifest/manifest
    • ’n Basis vir die aanleer van die dogtertale van Latyn, bv. Frans, Spaans, Italiaans en Portugees
    • ’n Beter begrip vir baie wetenskaplike terme wat direk vanuit Latyn aangewend word in beroepe soos Medies, Regte, Plantkunde, Dierkunde, ens.
    • Latynse leuses, afkortings en uitdrukkings wat daagliks in Engels en Afrikaans gebruik word, bv. status quo, per se, et cetera, p.m., A.D.
  2. ’n Skatkis van Klassieke Mitologie
    • verhale oor die Griekse en Romeinse gode
    • avonture van legendariese helde soos Hercules, Jason en Ulysses
  3. Die rykdom van die Klassieke kultuur
    • deur die Romeinse lewenswyse met ons s’n te vergelyk, ontdek ons hoeveel van ons gebruike deur die Romeine beïnvloed is, bv. ons verken Pompeii, ’n stad wat deur ’n vulkaniese uitbarsting verwoes is.
  4. ’n Lekseltjie Romeinse Geskiedenis
    • om te verstaan waarom die Romeine so ’n belangrike rol in Europa gespeel het en waarom hul invloed tot vandag nog reg oor die wêreld gevoel kan word.

Let wel: Die kursus kan in Afrikaans of Engels geneem word.

NAVRAE: Vir enige navrae stuur ’n epos aan: Dr. Andries Pieterse by andries.pieterse@apa.ac.za

Indien u belangstel in hierdie opwindende kursus, kan u die inskrywingsvorm hier aflaai.

Deel die bladsy: