Die Afrikaanse Protestantse Akademie, die APA, is ‘n privaat tersiêre instelling wat gestig is in die laat tagtigerjare as ‘n skool vir teologiese opleiding. Vandaar het die APA ontwikkel tot ‘n volwaardige selfstandige universiteit wat spesialiseer in die geesteswetenskappe. Met die raam van ‘n Christelike uitkyk wil die APA studente begelei om krities idees te verken en te beredeneer. Die geesteswetenskappe ontwikkel en bevorder by uitstek kritiese en analitiese denke en dit mond uit in meningsvormende beroepe soos: sielkundiges, joernaliste, onderwysers en predikante.

Deel die bladsy: