Die Raad van die APA het in September 2018 vir prof. Gerrit Smit (voorheen Dekaan van die Fakulteit Teologie) aangewys as die nuwe rektor van die AP Akademie met ingang 1 Januarie 2018.

Hy volg prof. Koos Adendorff op wat ‘n termyn van 10 jaar rektor van dié instelling was.

Namens al die personeel en studente wil ons prof. Adendorff bedank vir die jarelange leiding wat hy aan die APA gegee het en bid hom die seën van die Here toe op die nuwe fase wat hy in die APA betree.

Deel die bladsy: