BACCALAUREUS SOCIETAS SCIENTIAE / BACCALAUREUS IN SOSIALE WETENSKAPPE / BACHELOR OF SOCIAL SCIENCES (BSocSci) GEAKKREDITEER - SAQA ID: 120400

Die BSocSci-graad duur drie jaar voltyds en ’n maksimum van vyf jaar deeltyds.

Die BSocSci-graad is ʼn kontak-graad. Dit het ten doel om meningsvormende leiers in die joernalistiek, politiek, onderwys en gemeenskapsontwikkeling te lewer wat die samelewing weg van die afgronde van beide die verlede en ons tyd kan help lei. Daarom het die APA onlangs ook Kommunikasiekunde, Politieke Wetenskap, Ekonomie en Joernalistiek begin aanbied. Dit beteken dat ons selfs die moontlikheid bied om die gewilde PPE-vakke (wat internasionaal staan vir Philosophy, Political Science and Economy) by ons te neem. Dit is ʼn baie gewilde keuse vir diegene wat belangstel in die groot samelewingskwessies van ons tyd. Hierdie graad is uitnemend geskik as voorbereiding om leiers te wees op die berge van invloed, as dit so vir hulle beskik is:

  • Kerk,
  • Gesin,
  • Opvoeding,
  • Burgerlike Regering,
  • Kuns en Ontspanning,
  • Media, sowel as
  • Besigheid en Ekonomie.

Studente word begelei om as Christene hul lewe voor die aangesig van God krities te deurdink.

Ons help u om biddend uit te vind by watter heuwel van invloed in jou dorp of stad jou roeping is, om dit met krag en genade te bestyg. Dit mag wees dat jy later uitvind dat jy by meer heuwels geroep is, soos God oor jou lewe beskik.

Daar is ook verpligte modules soos  Sosiale Wetenskappe en wêreldbeskouing, wat studente toerus om hul studies welbewus as Christene te benader.

Die doel is om studente in staat te stel om in elke vakgebied berekend kennis te neem van die grondslae en beste bydraes wat al gemaak is. Die slagspreuk van die APA, “Ou spore – nuwe weë”, verwoord ons roeping om ’n klassiek-Christelike tradisie binne ons eie, sowel as ander gemeenskappe te bevorder. U word op hierdie wyse begelei om self die grondslae en bydraes effektief te integreer, en uiteindelik op die skouers van hulle wat ons voorgegaan het, skeppend te dink oor toepassings van die vakgebiede binne nuwe kontekste.

Vir meer besonderhede soos toelatingsvereistes, kursusuiteensetting en vakke wat aangebied word vir die BSocSci-graadkursus, kyk na die prospektus.

Skakel om aansoek te doen: https://www.apa.ac.za/doen-aansoek/ Of tree in verbinding met die BSocSci-Program administrasie by: andries.pieterse@apa.ac.za

Die BSocSci-graad duur drie jaar voltyds en ’n maksimum van vyf jaar deeltyds.

TOELATINGVEREISTES

Matrikulasievrystelling

’n Student met matriek vrystelling kwalifiseer vir toelating tot die BSocSci-graad op die volgende voorwaardes:

Gematrikuleer 2008 en daarna
a. ’n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) met ’n toelatings-puntetelling van ten minste 25 (die som van punte toegeken aan die 6 beste vakke op die NSS, Lewensoriëntering uitgesluit).
Minimum vereistes vir spesifieke vakke:
Afrikaans: 4 (50 – 59%) en Engels: 4 (50 – 59%)
Vir studente wat in die onderwys rigting wil studeer, met Wiskunde as skoolvak:
Wiskunde: 5 (60% +) (Wiskunde-geletterdheid kan nie vir toelating tot die vak Wiskunde oorweeg word nie).
OF
b. ’n Geldige sertifikaat wat bewys lewer van voorwaardelike vrystelling van die Suid-Afrikaanse Matrikulasieraad (UMALUSI).

Matrikulasieraad (UMALUSI).

Gematrikuleer voor 2008
a. ’n Suid-Afrikaanse Senior Sertifikaat met universiteitsvrystelling en ’n M-Telling van ten minste 12 (A- simbool = 5 punte).
Minimum vereistes vir spesifieke vakke:
Afrikaans (Hoërgraad Eerste Taal): E en Engels (Hoërgraad Tweede Taal): E
OF
b. ’n Geldige sertifikaat wat bewys lewer van voorwaardelike vrystelling van die Suid-Afrikaanse Matrikulasieraad (UMALUSI).

Voorwaardelike vrystelling op grond van ouderdom van minstens 23 jaar (St.10 / Graad 12)

Indien ‘n persoon aan die volgende vereistes voldoen, kan aansoek om voorwaardelike Vrystelling gedoen word:

a. Indien die ouderdom van 23 jaar reeds op 1 Januarie van die jaar waarin vir die BSocSci geregistreer word, bereik is; en
b. Indien een vak in matriek op hoër graad geslaag is; en
c. Indien ten minste vier graad 12 – vakke op Hoërgraad of op Standaardgraad met simbole A tot E geslaag is; en
d. Indien minstens drie vakke tydens een eksamensessie (eksamengeleentheid) geslaag is.

Vrystelling op grond van ouderdom 45 jaar of ouer

’n Persoon wat 45 jaar of ouer is, hoef geen skool kwalifikasie te besit alvorens vir vrystelling aansoek gedoen word nie.

Volledige vrystelling op grond van die behaling van ’n 3 of 4 jarige diploma

’n Persoon wat ‘n 3 of 4 jarige diploma verwerf het aan ‘n Technikon, ‘n Onderwyserskollege, ’n Universiteit of ’n Verplegingskollege wat by ’n SA universiteit geaffilieer is, mag aansoek om algehele vrystelling doen op voorwaarde dat die persoon voor die aanvang van die diplomastudie oor ’n Senior Sertifikaat (dit is Matriek sonder vrystelling) beskik het.

KURSUSUITEENSETTING

1 STE JAAR

2 DE JAAR

3 DE JAAR

 Semestervakke:
 * Semester 1: Januarie – Junie (eksamen)
 * Semester 2: Julie – November (eksamen)

 Semester 1:

  1. Gemeenskapsontwikkeling
  2. Kommunikasie vir Akademiese Doeleindes
  3. Rekenaargeletterdheid
  4. Keusevak 1
  5. Keusevak 2
  6. Keusevak 3
  7. Keusevak 4

 Semester 2:

    1. Sosiale Wetenskappe en godsdienstige wêreldbeskouings
    2. Keusevak 1
    3. Keusevak 2
    4. Keusevak 3
    5. Keusevak 4

Die vier keusevakke kan gekies word uit die vier groepe soos aangedui. Een module moet gekies word uit Groep A of B. Die bykomende drie modules moet gekies word uit Groep A, B, C of D. Suksesvolle voltooiing van modules in die eerstejaar is ‘n voorvereiste vir die tweedejaar.

Semester 1:

  1. Gemeenskapsontwikkeling
  2. Kommunikasie vir Beroepsdoeleindes
  3. Toegepaste Internet kommunikasie en Vierde Industriële Rewolusie Tegnologie
  4. Keusevak 1
  5. Keusevak 2
  6. Keusevak 3

Semester 2:

  1. Keusevak 1
  2. Keusevak 2
  3. Keusevak 3

Die drie keusevakke kan gekies word uit die vier groepe soos aangedui. Studente moet hul hoofstudierigting finaliseer en een module uit Groep A of B kies. Twee bykomende modules moet gekies word uit Groep A, B, C of D in artikulasie met hul keuse in die eerste studiejaar. Suksesvolle voltooiing van modules in die tweedejaar is ʼn voorvereiste vir die derdejaar.

Semester 1:

  1. Toegepaste Sagteware en verwante tegnologie
  2. Toegepaste Navorsing in veld van studie
  3. Keusevak 1
  4. Keusevak 2

Semester 2:

  1. Werksgeïntegreerde leer (WIL)
  2. Keusevak 1
  3. Keusevak 2

 

Die twee keusevakke kan gekies word uit die vier groepe soos aangedui, met een module uit Groep A of B, en een bykomende module uit Groep A, B, C of D in artikulasie met hul keuse in die tweede studiejaar.

VAKKE WAT AANGEBIED WORD: (KEUSEVAKKE)

Groep A (Sosiaal)

Filosofie

Kommunikasiekunde

Geografie

Geskiedenis

Joernalistiek

Politieke Wetenskap

Sielkunde

Sosiologie

Groep B (Tale)

Afrikaans

Duits

Engels

Frans

Latyn

Sepedi

Groep C (Besigheid, Ekonomie en Bestuurstudies)

Ekonomie

Groep D (Wetenskappe)

Rekenaartegnologie

Wiskunde

Indien u navrae het, kontak gerus die program sekretaresse by die volgende epos adres: sekretaresse.bsocsci@apa.ac.za

Deel die bladsy: