Suid-Afrika sal binne die volgende drie jaar 39 500 nuwe onderwysers benodig.

Volgens ‘n omvattende studie oor die kwessie sal 45% van die onderwysmag binne die volgende tien jaar aftree. Die verwagting is dat publieke skole in 2025 sowat 39 500 nuwe onderwysers sal benodig. In 2030 sal die syfer styg tot 52 000 nuwe onderwysers.

Wat die situasie verder bemoeilik is dat verskeie onderwysers wat nie die voldoende kwalifikasies het om onderwys aan te bied nie, in poste waarneem.

“Onderwys is uiters belangrik vir die vooruitgang van ‘n land,” sê mnr. Albertus Breytenbach, die NGOS Programkoördineerder by die AP Akademie. “Dit moet werklik jou roeping wees om te help vorm aan ‘n jong persoon se toekoms wanneer jy ‘n beroep in die onderwys oorweeg. Daarom moet jy ook goed navorsing doen oor waar jy jou kwalifikasie behaal.”

Die AP Akademie bied twee maal per jaar aan voornemende studente die geleentheid om in te skryf vir die Nagraadse Onderwyssertifikaat vir die Senior en Verdere Onderwys en Opleidingsfase (NGOS). Dit is ‘n afstandonderrigkursus wat oor een jaar voltyds of twee jaar deeltyds aangepak kan word.

Die doel van hierdie Nagraadse Onderwyssertifikaat is die opleiding van onderwysers vir die Senior Fase van graad 7 tot 9 en die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase van graad 10 tot 12 volgens ‘n inklusiewe deelnemende strategiese model. Die APA se NGOS kursus sluit werkgeïntegreerde leer in. Ons studente kan dus dadelik begin werk sodra hulle kwalifiseer.

“Ons het gevind dat jongmense soms ontmoedig word om ‘n beroep in die onderwys te volg, maar dat dit altyd vir hulle ‘n roeping bly,” sê mnr. Breytenbach. “Ons wil juis hierdie mense, wat reeds in ‘n ander rigting gekwalifiseer het of in ‘n ander beroep staan maar ongelukkig is, aanmoedig om vervulling te vind en die AP Akademie se NGOS-kursus te volg. Jy kan selfs nog voortgaan om te werk, omdat die kursus afstandgebaseerd is en deeltyds aangepak kan word.”

‘n Onderwyskwalifikasie maak natuurlik ook verskeie deure oop.

“In ‘n land waar werk nie altyd gewaarborg is nie, is ‘n NGOS-kwalifikasie ‘n bykomende opsie om ‘n inkomste te verseker,” sê mnr. Breytenbach. “Ons kwalifikasie word internasionaal baie hoog geag. Afgesien van Suid-Afrika gee ons studente ook regoor die wêreld en veral in Europa, die VSA en Nieu-Seeland klas.”
Die APA se tweede inname vir 2022 is reeds oop en sal teen 18 Julie sluit.

Ander inligting
•           Koste: Tweede semester inname
Inskrywingsgeld (‘n Nie-terugbetaalbare bedrag) – R 500.00
Administrasiegeld (‘n Nie-terugbetaalbare bedrag) – R 750.00 (Tweede semester)
Deposito (‘n Nie-terugbetaalbare bedrag) – R5 000.00 (Tweede semester)
•           Meer inligting: https://www.apa.ac.za/ngos/
•           Aansoek: https://www.apa.ac.za/doen-aansoek/

 

 

Foto: Pavel Danilyuk
Deel die bladsy: