BACCALAUREUS DIVINITATIS

Agtergrond:

Die BDiv graad is ‘n 520-krediet program op vlak 8 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR). Die doel met hierdie program is om getrou aan die Skrif toegeruste persone te lewer wat oor die vereiste vlak van kennis en vaardighede beskik wat nodig is vir toelating tot kerk-eie opleiding. Die onderrig en leer geskied vanuit die klassiek-gereformeerde tradisie en deur medium van Afrikaans. Benewens kerklike ordening bied die program ook ‘n uitstekende geleentheid vir enige gegradueerde wat teologie wil studeer en die uitkomste wil gebruik om indiensneming in ‘n verskeidenheid denominasies, kerke en verwante gemeenskapsorganisasies te vind. Verder staan die program ook in diens van die groeiende aanbod van werksgeleenthede wat ‘n afgeronde en breë onderrig in ‘n gepaste Baccalaureus graad (insluitende Teologie) vereis. Die program het ook in hierdie konteks die doel om gegradueerdes te lewer wat vaardig is in die bediening van geestelike groei, in ‘n etiese- en professionele praktyk op die vaste grondslag van die Bybel en die klassieke Christelike tradisie, om dienooreenkomstig hul roeping in die samelewing te vervul.

 

Evaluasie van die program:

Die BDiv-program is deur ‘n internationale instelling geëvalueer. Hierdie instelling staan bekend as Puritan Reformed: Theological Seminary. Puritan Reformedhet ‘n kort skrywe aan die Afrikaanse Protestantse Akademie gerig waar hulle ‘n evaluering gedoen het van die BDiv-program. In die skrywe bevestig Puritan Reformed dat enige student wat hul BDiv by die Afrikaanse Protestantse Akademie volledig voltooi, kan inskryf by Puritan Reformed: Theological Seminary vir verdere studies.

 

Modules:

Die volgende modules word aangebied binne die BDiv-program:

  • Bybelse Grieks
  • Bybelse Hebreeus
  • Basiese Latyn
  • Basiese Duits
  • Inleiding tot Bybelse Teologie
  • Inleiding tot Sistematiese Teologie
  • Inleiding tot Kerkgeskiedenis
  • Inleiding tot Diakoniologie
  • Inleiding tot Missiologie
  • Studie van die Ou Testament: Pentateug
  • Studie van die Nuwe Testament: Sinoptiese evangelies
  • Studie van Kerkgeskiedenis: 33- 500 Nc
  • Studie van die Ou Testament: Historiese Boeke
  • Studie van die Nuwe Testament: Pauliniese Literatuur en die Algemene Briewe
  • Studie van Diakoniologie: Kategetiek
  • Studie van Missiologie: Godsdiensgeskiedenis
  • Navorsingsmetodologie
  • Gevorderde studie van die Ou Testament: Profetiese Boeke
  • Gevorderde studie van die Nuwe Testament: Johannese Literatuur
  • Studie van Sistematiese Teologie: Van Belydenis tot Dogmatiek
  • Gevorderde studie van Kerkgeskiedenis: 500-1500 nC
  • Gevorderde studie van Diakoniologie: Liturgiek
  • Gevorderde studie van Diakoniologie: Jeugwerk
  • Navorsingsvoorstel
  • Gevorderde studie van die Ou Testament: Wysheidsliteratuur
  • Gevorderde studie van Sistematiese Teologie: God, skepping, openbaring en etiek
  • In-diepte studie van Kerkgeskiedenis: 1500-1800 nC
  • Gevorderde studie van Missiologie: Afrika tradisionele godsdienste en Islam
  • Werksgeïntegreerde leer (WIL)
  • In-diepte studie van Bybelse Teologie
  • In-diepte studie van Sistematiese Teologie: Mens, verlossing, kerk en etiek
  • In-diepte studie van Kerkgeskiedenis: 1800-2000 nC
  • In-diepte studie van Diakoniologie: Poimeniek en Pastorale Psigologie
  • In-diepte studie van Diakoniologie: Kerkplanting
  • In-diepte studie van Missiologie: Sendinggeskiedenis
  • Navorsingsprojek
  • In-diepte studie van Bybelse Teologie
  • In-diepte studie van Sistematiese Teologie: Wysheid en Apologetiek
  • In-diepte studie van Diakoniologie: Homiletiek
  • In-diepte studie van Diakoniologie: Pastorale berading
  • In-diepte studie van Missiologie: Teologie en teorie van Christelike sending

Deel die bladsy: