Die NGOS word begrond deur ‘n Christelik-Reformatoriese raamwerk in aansluiting by die APA se etos soos geregistreer deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. Die doel van hierdie Nagraadse Onderwyssertifikaat is die opleiding van onderwysers vir die Senior Fase (SF) en die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO) volgens ‘n inklusiewe deelnemende strategiese model. Om hierdie doel te bereik is die NGOS kursus ontwerp wat werkgeïntegreerde leer insluit. Dit is ‘n doelgerigte kursus om opleiding, leer en opleiding binne die omgewing van die SF en VOO te bied. Die NGOS-program behels die sistematiese ontwikkeling van kennis, vaardighede, waardes, gesindhede en verdere/ander toegepaste vaardighede wat verwag word van voornemende onderwysers om hul taak bevredigend te kan uitvoer.