Die AP Akademie kondig met trots aan dat vier van die instelling se fasiliteerders vandeesweek kursusse by die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) se Gr R & Grondslagfase Simposium aanbied.

Alle onderwysers moet oor ‘n siklus van drie jaar 150 punte in Voortgesette Professionele Ontwikkeling (CPD-punte) verdien om hulle registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderriggewers (SACE) te behou. Die AP Akademie bied vier maal per jaar Toerustingspuntkursusse vir onderwysers aan waarmee hulle hierdie punte kan verdien.

“Dit is vir ons ‘n groot eer dat ons fasiliteerders se kursusse van sulke hoogstaande gehalte geag word, dat die SAOU dit met al hulle lede wil deel,” sê mnr. Albertus Breytenbach, NGOS Koördineerder by die AP Akademie. “Een van ons kernwaardes is inderdaad uitstaande akademiese gehalte, en so ‘n geleentheid bevestig dat ons nie enigiets minder as uitstaande vir ons studente aanvaar nie.”

Die kursusse wat vandeesweek aangebied word, is die volgende:

  • 17 April: Uitbranding en Selfsorg deur Marlene Pienaar
  • 18 April: Probleemgedrag in die klaskamer deur Mia Coertze
  • 19 April: Creativity and innovation deur Fred de Villiers
  • 20 April: Gr R Phasing in and the implications & Neuromotor development and integration deur Adel Breytenbach (en Heidi Julies)

Enige onderwysers wat graag hulle vereiste punte vanjaar wil verdien kan die webwerf by www.apa.ac.za/toerustingspuntkursusse besoek vir ‘n kort beskrywing van die kursusse wat Die APA aanbied, die uiteensetting van studie en om die volledige Afrikaanse en Engelse brosjures af te laai.

Registrasies vir rondtes 2, 3 en 4 is nou oop.

Rondte 2:  4 Mei 2023 – 22 Junie 2023
Rondte 3:  14 Augustus 2023 – 6 Oktober 2023
Rondte 4:  16 Oktober 2023 – 8 Desember 2023

Deel die bladsy: