Studente organisasie en struktuur ontbreek glad nie by die APA nie, maar verleen steun aan ’n studentelewe van pret en doelgerigtheid in ’n veilige omgewing waar warmte en ’n gevoel van tuiswees die studentelewe laat floreer.


Studenteraad vir 2019

SR Voorsitter: Mnr Lourens du Preez
Teologiese Student 2de jaar
Onder Voorsitter: Mnr Jaques Powell
Voornemende Teologiese Student
Sekretaris: Mnr Lampert Bosman
Voornemende Teologiese Student
Sosiaal: Mnr Dianlo Stoltz
Voornemende Teologiese Student

Studenteraad 2019

Die missie en visie van die Afrikaanse Protestantse Akademie se studenteraad is om ’n goeie Christelike gees en student-betrokkenheid by die Akademie te bevorder. Die SR is ván die studente vír die student en daarom streef ons daarna om ’n kultuur van eenheid, liefde, en omgee te skep. Die Akademie is nie net ’n plek waar studente kan studeer nie, maar ook ’n tuiste waar hulle kan bou aan hul toekoms en karakter. ’n Jongmens se studentejare is sekerlik van dié belangrikste vormingsjare van hul lewe en dikwels word ’n lewensmaat ook in hierdie tydperk gevind. Daarom is die kultuur en omgewing van die studentelewe vir die Akademie en die SR van uiterste belang.

By die Akademie het ons die unieke geleentheid om elkeen persoonlik te ken en is dit vir ons ’n groot voorreg om ook raad te gee aan studente wat vrae het. Wees dus altyd bereid om enige SR-lid te nader met akademiese en/of persoonlike kwessies. Al die studente-reëlings en -funksies word op ‘n amptelike APA kalender gesit en maandeliks aan al die studente gestuur, sodat studente deurentyd op hoogte kan wees van wat by die Akademie gebeur. Gaan kyk ook gerus wat op die Akademie se nuwe toepassing gesê word, asook op die Akademie se WhatsApp-groep. Soms word daar ook verdere reëlings op hierdie platform getref.

Mag 2019 vir elke student, personeellid, en ouer ’n wonderlike ervaring wees! By die Afrikaanse Protestantse Akademie is ons nie net ’n akademiese instelling nie, ons is ’n familie! Ons nooi alle huidige studente, asook voornemende studente vir 2020 uit om saam met ons in hierdie ervaring te deel!

SR Groete!

APA Student behaal besondere internasionale prestasie

Die Internasionale Afrikaans-Ekspo is ‘n skryfkompetisie wat jaarliks deur die FAK georganiseer word om die kreatiewe hantering van Afrikaans deur leerders en studente te bevorder. Alle graad 6- tot 12-leerders asook studente kan deelneem ongeag in watter land hulle woon. Deelnemers kom uit Suid-Afrika en Namibië asook enige land ter wêreld waar Afrikaans as moedertaal of nie-moedertaal gebruik word of bestudeer word. Dit sluit onder meer in Wes- en Oos-Europa, Australië en Nieu-Seeland, Kanada en die VSA. Studente van veral Afrikaanse departemente aan universiteite regoor die wêreld word aangemoedig om deel te neem. Op hierdie wyse sprei Afrikaans sy internasionale vlerke.

Magdel du Toit het ingeskryf in twee kategorieë, naamlik “Poësie” en die “Kortverhaal”. Sy het ‘n goue sertifikaat verwerf vir haar gedig “Mikrostad Motortjie” en ‘n silwer sertifikaat vir haar kortverhaal met die titel “Bobbie word Brandwag”.

Ons wil Magdel namens die hele span by die APA van harte gelukwens met hierdie besondere prestasie.
Gepubliseer: 12 Maart 2018

Studenteraad 2018

Die studenteraad van die Afrikaanse Protestanse Akademie beoog om hierdie jaar ‘n goeie gees by die Akademie te bou. Waar daar in liefde omgegaan word met ons mede studente, waar ons bly is om by hierdie instelling te kan studeer en waar ons met almal in vrede wil saam leef. Om geduldig met mekaar te werk, vriendlik te wees en om die ene goed met mekaar te handel. Die studenteraad bedien die Afrikaanse Protestanse Akademie getrou, en ons doel is om die studente te verteenwoordig sowel as om verantwoordelikheid te neem vir die student se hoedanighede. Daarmee wil ons ‘n beroep doen op al ons studente om betrokke te wees by die Akademie en te kom deel in die goeie gees.

Al die studente reëlings en funksies word op ‘n kalender gesit en maandeliks aan al die studente gestuur, sodat studente altyd kan weet wat by die Akademie gebeur. Gaan kyk ook gerus wat op die Akademie se nuwe toepassing gesê word, asook op die Akademie se WhatsApp groep, soms word daar verdere reëlings hier getref. Twee belangrike gebeure vir hierdie semester is die Majuba kamp en die Akademie kamp.

Die Afrikaanse Protestanse Akademie het die besondere voorreg gehad om verantwoordelik te wees vir die reëlings van die Majuba fees 2017. Waar die studente gehelp het, met onder andere; die skoon hou van die badkamers, die donkies aan die brand hou vir warm water en die ingang van die fees te beman. Daarom het die studenteraad dit goed gedink om ‘n nuwe tradisie by die Akademie te begin, waar ons jaarliks die Majuba se feesvieringe gaan bywoon. Daarmee wil ons al ons studente uitnooi om hierdie wonderlike geleentheid by te woon. Hierdie jaar se Majuba fees vind plaas van die 23 tot 25 Februarie 2018, al hierdie verrigtinge word weergegee via die Majuba Whatsapp groep, skakel gerus vir Emile, ons voorsitter, vir verdere inligting!

Die Afrikaanse Protestanse Akademie se jaarlikse studente kamp, vind hierdie jaar plaas op die lang naweek van die 27ste tot 29ste Februarie op ‘n wildsplaas naby Naboomspruit, slegs 2 ure buite Pretoria. Hierdie kamp bied studente die kans om mekaar beter te leer ken en nuwe bande te bou. Asook die kans om bietjie weg te breek van die stad se geraas en te ontspan saam met mede studente. Dit belooof om baie pretig te wees en is beslis nie ‘n geleentheid wat gemis moet word nie. Die kostes van die kamp beloop R350 per person, dit is ‘n baie billike prys aangesien dit 7 etes insluit en die fasiliteite van die terrein sowel as die ander kamp aktiwiteite. Jy kan solank begin afbetaal aan hierdie geleentheid.

Studenteraad vir 2018

Emilè Trollip (Voorsitter)
Teologiese student (derde jaar)
Johandrè Olckers (Ondervoorsitter)
Teologiese student (tweede jaar)
Saartjie Gerber (Sekretaresse)
Sielkunde student (tweedejaar)
Jaques Powell (Finansies)
Teologiese student (tweede jaar)

my.APA toepassing op Google Play Store (03/02/2018)

‘n Mobiele weergawe van die studente blad www.my.apa.ac.za is beskikbaar op Google Play Store. Soek die naam “Moodle Mobile” en laai die toepassing op u mobiele toestel. Tik die adres www.my.apa.ac.za in die “server” blok in. Die gebruikersnaam en wagwoord is dieselfde as die een wat u gebruik om op die webblad in te teken. 


Vorige kennisgewings en nuusgebeure

Akademie Klerepakkette 2018

 

Die Akademie-pakket bestaan uit ‘n Golfhemp, ‘n baadjie (en die rugsak is opsioneel). Indien u nie die pakket wil koop nie, kan u die Golfhemp, of die baadjie, apart aankoop.

 Pakket Pryse

 S – L is R590.00
 XL – 2XL is R635.00
Individuele items:
✓ Golfhemp:
 S – L is R230.00
 XL – 2XL is R250.00
✓ Baadjie:
 S – L is R360.00
 XL – 2XL is R390.00
✓ Laptop-rugsak : R275.00

Ek stel belang…

Indien u belangstel, kontak Saartjie Gerber via email: 201710037@my.apa.ac.za. Spesifiseer die items waarin u belangstel, asook die groottes. Alle bestellings moet gegstuur word gedurende die maande van Maart of April 2018.

PAKKETGELD KAN DIREK, OF PER INTERNET, IN DIE REKENING VAN DIE AP AKADEMIE INBETAAL WORD. ʼn BEWYS VAN BETALING MOET AAN DIE REKENMEESTER, DS AJ. FERREIRA, GESTUUR WORD BY – joubert.ferreira@apk.co.za asook aan 201710037@my.apa.ac.za

Die bankbesonderhede van die rekening waarin u die geld moet inbetaal: AP Akademie Bank: ABSA Tak: 632005 (Hatfield) Rek nr: 408 589 5656 Verw: Student se voorletters en van of student se Studentenommer, asook n aanduiding waarvoor die geld aangewend moet word, bv. P Smit klerepakket, of P Smit S hemp.

Studenteraad

Die studenteraad word jaarliks verkies om die studente te verteenwoordig en te help om die studenteratwerk so glad as moontlik te laat verloop. Hierdie studenteraad reël onder meer aangeleenthede oor studentedrag, studenteprestasies, pretdae en funksies soos die jaarlikse dinee. By hierdie glansgeleentheid verkeer professore, dosente, studente en hulle metgeselle op ’n gesellige wyse saam voordat daar in alle erns vir die finale eksamens voorberei word.

Die studenteraad vir 2017 is:

Constant Bester (voorsitter)
Lezanne Diedericks (ondervoorsitter)
Nadine Viljoen (sekretaresse)
Luïse Horn (skriba)

APA Dinee

Die studenteraad van die APA vir 2017 is by die APA Dinee aangewys. Baie geluk aan dié wat verkies is en sterkte met die groot taak!

Studenteraad 2017

Van links na regs: Lezanne Diedericks, Constant Bester, Luïse Horn, Nadine Viljoen.

Huisvesting op die kampus beskikaar:

Die behuising kostes by Farendenstraat 432 is as volg vir APA studente:

Klein woonstel R2000

Groot woonstel R3000

Kamers in die huis R2500

Die woonstelle het ‘n badkamer en kitchenette in.
Kamers in die huis kan gedeel word en het ‘n gesamentlike kombuis en badkamer.

Skakel Elanie vir meer inligting

012 344 3960


Majuba 2017

Die APA was die gasheer van die jaarlikse Majuba-fees naby Volksrust. Die studente het fluks gehelp met die aanbied van die program.

Gradeplegtigheid 2017

Baie geluk aan ons studente wat in Maart graad gekry het!

NAMPO 2017

Die APA was by NAMPO!  Baie dankie aan ons goeie vriende by TLUSA met wie ons ‘n stalletjie kon deel!

Kragdag Junie 2017

Die APA was by Kragdag!  Die grootste Afrikaanse hernubare energie en selfstandigheids-ekspo in die wêreld. Die slagspreuk van Kragdag is: Doen jou eie ding! Die APA sê: Jy hoef nie afhanklik te wees van staatsinstellings nie. Kom studeer in Afrikaans by ‘n instelling met ‘n klassiek-Christelike erfenis en waardes.

Die AP Akademie was op toer in Israel.

‘n Paar van die Teologiese studente het ‘n toer saam met die APA meegemaak na Israel en Egipte. Hier is enkele foto’s.

Ons maak binnekort weer so…

Die Afrikaanse Protestantse Akademie…

OU SPORE. NUWE WEË

Die AP AKADEMIE is op Facebook. Volg ons vir nuus en gebeure.

Deel die bladsy: