SEPEDI

 

Dumelang barutiwa! Bala temana ya Bibele ye e latelago: Goeie dag studente! Lees die volgende Bybelteks:

 

DIPSALME 23:1-6

Morena ke modiši wa ka; nka se hloke selo. O nkhutamiša mafulong a matala; o nkiša meetseng a makhutšo. O lapološa moya wa ka; o ntshepediša mmileng wa go loka ka baka la leina la gagwe. Le ge nka sepela molapong wa moriti wa lehu, nka se boife bobe, gobane o na le nna; molamo wa gagwe le lepara la gagwe di nkuša pelo. O nkabela dijo, manaba a ka a ntebeletše; o ntlotša hlogo makhura; senwelo sa ka se tletše wa go falala. Tše botse fela le kgaugelo di tlo ntatela mehla yohle ke sa phela. Gomme ke tlo fetša bontši bja matšatši ke dutše Ngwakong wa Morena.

 

Ge o sa kwešiše temana ya Bibele ye o hlokišwa ka ga tsebo go humiša bophelo bja gago! Re phela lefaseng la Afrika- Borwa gomme go na le batho ba ba bolelago dipolelo tše di fapanago. Ge o kgona go bolela Sesotho sa Leboa dibaka di ka hwetšwa ka ofising. Go ba le tsebo go bohlokwa!

 

Vir diegene wat geen idee het wat hierbo genoem is nie… moenie bekommerd wees nie – kortweg beteken dit indien jy nie die bogenoemde Bybelteks kon verstaan nie dit jou sal ontneem van kennis wat jou lewe sal verryk. Ons lewe in Suid-Afrika en daar is mense wat verskillende tale praat – indien jy in staat is om in Noord-Sotho (oftewel Sepedi) te kan kommunikeer sal geleenthede in die werksplek vir jou oopgaan. Kennis is belangrik! Natuurlik is die Bybelteks geneem van Psalm 23 en hier volg die Afrikaanse vertaling. Moontlik sal jy nou reeds sekere woorde en dele van Noord-Sotho kan verstaan nadat jy weer die welbekende Afrikaanse vertaling kon bestudeer?

 

PSALM 23

Die Here is my herder.

‘n PSALM van Dawid.

1 Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.

2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

4 Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

 

So in ʼn neutedop: Moenie uitmis op gulde geleenthede, kennis, genot en selfs werksgeleenthede wat ʼn Afrika taal vir jou kan bied nie!

Artikel deur Esbeth Kellerman geskryf en op die blog van die Afrikaanse Protestantse Akademie (APA-blog) geplaas op 2023-02-08. Skrywers se menings op die APA-blog is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van die Afrikaanse Protestantse Akademie nie.

Deel die bladsy: