Die Senaat van die APA het teen die einde van 2018 besluit om twee nuwe aanstellings te maak om die administrasie van die instelling verder te ondersteun.

 

IT AFDELING

Mnr. Paul Maré is aangestel as IT beampte van die APA en hanteer voortaan al die IT verwante administrasie van die APA. Hy het ‘n BSc in Informasietegnologie en beskik oor besondere vaardighede om die administrasie van die APA te ondersteun in die IT afdeling. Alle IT ondersteuningsnavrae van studente kan ook aan hom gerig word. Ons sê vir mnr. Maré baie welkom by die wonderlike span van die APA. Ons hoop dat sy aanstelling ons studente en dosente baie sal baat.

 

 

KURRIKULUM, KWALITEIT EN ASSESSERING

 

 

Die tweede persoon wat ons in die administrasie van die APA verwelkom, is me. Suné de Beer. Sy is vanaf Januarie 2019 aangestel as kurrikulum- en kwaliteitsbeampte. Sy het in kwaliteitsversekering en assessering gespesialiseer en sal in dié opsig vir die APA van groot waarde wees. Baie welkom aan me. de Beer van die personeel en studente se kant.

Deel die bladsy: