Op Woensdag 23 Januarie 2019  om 08:40 vind die eerste byeenkoms plaas van die APA se nuwe koor. Die APA het ‘n ooreenkoms aangegaan met mnr. Braam van Tonder wat die nuwe koor vir ons gaan lei. Ons is baie opgewonde oor die nuwe verwikkelinge en nooi alle studente uit om deel te wees van hierdie besondere geleentheid.